Walvisbaai oortref WHS, Gim ryg punte in

Die tafel lyk gedek vir 'n Momentum o.19 premierliga wat vanjaar wipplank kan ry.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Die rugbyspan van Namib Diesel Walvisbaai Privaat Hoërskool het waardevolle punte ingesamel toe hy Saterdag die Samsung WHS Koedoebulle by WHS se Vegkopstadion met 26-23 verslaan het.

Dit was die Naartjies se tweede oorwinning in twee naweke in die Momentum o.19-premierliga, nadat hulle met 'n tuissege teen OK Foods Moria afgeskop het.

WHS het drie drieë teen Walvisbaai se twee behaal, maar moes steeds met die verloorbonuspunte tevrede wees.

Rustyd was Walvisbaai reeds met 13-8 voor en hoewel WHS in die doodsnikke twee blitsdrieë gedruk het, het die kusspan gewys hy is dié seisoen reg vir skouspelagtige rugby.

Terwyl Walvisbaai uit die staanspoor op al sy silinders gevuur het, het WHS gesukkel om aan die gang te kom.

Die Koedoebulle het hulle binne 15 minute met 'n agterstand van 13-0 bevind, maar het stadig maar seker tot verhaal gekom. Die besoekers het aanvanklik in die skrums oorheers, maar WHS het begin konsolideer en Walvisbaai is by 'n paar geleenthede vir onwettige skrumtegniek gestraf.

In die eerste helfte is die gasheerspan gereeld gestraf en staan ses punte so af.

Met twee strafskoppe wat WHS binne trefafstand kon kry, verkies hulle eerder om vir die kantlyn te gaan. Daar kom egter dadels van beide pogings om drieë van die lynstaan af te druk.

Die gasheer se eerste punte het 6 minute voor rustyd van 'n drie van sy haker JC Rossouw gekom wat soos 'n wafferse vleuel in die linkerhoek geduik het. Die doelskop is mis en op 13-5 blaas die rustydfluitjie.

WHS vermors opnuut drie punte vroeg in die tweede helfte deur nie binne trefafstand vir die pale te mik nie. Met die tweede kans verander die bloues se siening en met 'n skop pale toe beweeg hul telling (8) nader aan die Naartjies se 13.

WHS se verdediging wat vroeër deeglik deur die Naartjies se snellers beproef is, het al beter begin vaar.

Met kaptein Erik Straus aan die voorpunt het WHS sy ritme begin vind. Die gasheer kruip met nog drie punte nader en met 13 minute se spel oor was die telling 16-12 in die guns van Walvisbaai.

Die Naartjies se losskakel Eli Engelbrecht stuur 'n skepskop deur die pale. Walvisbaai rond die dag met hul tweede verdoelde drie af om die voorsprong tot 26-11 te laat aangroei.

WHS speel eers in die laaste drie minute van sy beste rugby. Die bloues gaan druk twee keer en verdoel een, vir hul 23 punte.

Walvisbaai se punte was drieë deur buitesenter Lucio Isaacs en skrum­skakel Johan van der Merwe; 'n skep­skop deur losskakel Eli Engelbrecht; twee doelskoppe en drie strafdoele deur heelagter Jivino Polster.

WHS se driedrukkers was haker JC Rossouw, agtsteman Sheron Rossouw en slot en kaptein Erik Strauss.

Losskakel Geraldo Beukes voeg een doelskop en twee strafdoele by.



GIMNASIUM ROL OOR DE DUINE

Die Schoemans-groep Leeus van Windhoek Gimnasium het met 86-0 die teenstand van De Duine van Walvisbaai uit die pad gevee, skryf Andrew Poolman.

Dit was die Gimmies se eerste wedstryd in vanjaar se Momentum-liga, ná hul vriendskaplike sege die vorige naweek in die interhoër teen WHS.

Rustyd was die slagting reeds goed gevorder, toe die telbord op 50-0 vir Gimnasium gestaan het.

Hoewel die ligter De Duine-spelers nie teruggedeins het op die verdediging nie, het Gimnasium met aanvallers op die voorvoet en die gebruik van fases die spel sodanig gemanipuleer dat hy gereeld meer spelers aan die buitekant oop gehad het.

Die vleuel Mell Theunissen was een van drie Gim-spelers wat 'n driekuns behaal het.



PUNTE VIR PRO-ED

Opponente van Pupkewitz Haval Elnatan het reeds ná die openingsnaweek melding gemaak dat die span van Stampriet vanjaar 'n stewige agttal het met wie rekening gehou sal moet word.

PSG Pro-Ed Akademie van Swakopmund se besoek aan die suidedorp en oorwinning met 35-13 is dus betekenisvol. Boonop het die besoekers met 'n bonuspunt vir vier drieë weggekom en verhinder dat Elnatan (een drie) enigiets kon byvoeg.

Vir die wenspan het losskakel Godwin Silvanus uitgeblink met 21 punte wat uit twee drieë, 'n doel­skop en drie strafdoele bestaan het. Skrumskakel Nathan Isaacs en buitesenter Donnel Gonteb was die ander driedrukkers, terwyl Gonteb en heelagter Christiaan Joubert elkeen met een doelskop geslaag het.

Elnatan, wat rustyd met 13-12 voor was, het 'n enkele drie deur flank Janu Visser behaal, tesame met losskakel Corné Esterhuyzen se doelskop en twee strafdoele.

“Ons het die eerste helfte die oorhand gehad, maar daarna het ons teruggesak en Pro-Ed se losskakel het met die wind van agter takties baie goed geskop om hulle op die voorvoet te plaas.

“Die wedstryd was meer gelykop as wat die eindtelling aandui, want Pro-Ed het geëindig het 'n onderskepdrie en nog een wat teen die verloop van die spel was. Maar hulle het goed gespeel om die oorwinning te verdien,” sê Elnatan se afrigter, mnr. Wessel Pienaar.



TSUMEB VAT NOORDE-STRYD

Rubicon Tsumeb Gimnasium het dit op sy tuisveld twee uit twee gemaak met 'n oorwinning van 27-5 teen OK Foods Moria Privaatskool.

Tsumeb het die vorige naweek 'n oorwinning op Stampriet gaan behaal, terwyl die Outjo-span toe ook sonder sukses na Walvisbaai PHS gereis het.

Rustyd was Tsumeb reeds met 12-5 voor. Die wenspan se driedrukkers was agtsteman WJ Otto (twee), slot IJ Grobbelaar (twee) en haker Frikkie Engelbrecht. Losskakel Bothma Keyser verdoel een keer.

Moria se vyfpunter is deur vleuel Viuua Kuhanga aangeteken.

“Dit was 'n winderige dag en weer 'n titaniese stryd. Ons weet mos Moria hou nooit op nie en die Holtzhausen-broers bly maar giftig. Hul skoptaktiek het ons aanvanklik onkant betrap.

“In die tweede helfte het ons voorspelers die oorhand begin kry,” sê Tsumeb se afrigter, Wouter Niehaus.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.04/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.36% | Zinc US$ 2 853.10/T UP 1.67% | Brent Crude Oil US$ 87.47/BBP DOWN -0.006 | Platinum US$ 909.18/OZ UP +0.78%