Vrou van Erongo tem China se Groot Muur
Des Erasmus
’n Vrou van Uis het die Groot Muur van China baasgeraak. Riana Scholtz het na Namibië teruggekeer nadat sy die marathon oor ’n afstand van 42 kilometer in 6 uur 28 minute voltooi het.
Die roete van die byeenkoms van internasionale aansien strek gedeeltelik op die Groot Muur, met die ander deel van die drafskof wat oor steiltes en hange strek.
Deelnemers moet op die roete lang skofte op en af op die trappies van die muur hardloop. Die optes en aftes was maar deel van die groot toets wat Riana geslaag het. Die wedren is ook in baie warm en bedompige toestande afgehandel.
Riana sê sy weet sy was een van twee Namibiërs wat aan die marathon deelgeneem het.
Sy het haar oë deurlopend oopgehou of sy nie die ander Namibiër kon gewaar of opspoor nie, maar onder die sowat 2 500 deelnemers was dit ’n haas onbegonne taak.
Oor haar voorbereiding vir die uitdaging van die Groot Muur het sy gesê sy het onder meer op dieselfde roete geoefen wat komende Saterdag vir die jaarlikse Brandberg Rhino Run gebruik gaan word. Deel van haar voorbereiding was ook op die Kupferbergpad in ’n westelike rigting van Windhoek.
Die Chinese marathonbyeenkoms strek oor die standaard afstand van 42 km, maar sluit ook ’n halfmarathon en ’n pretloop oor 8 km in.
Die kort afstand is nie net vir die pret nie. Meer as 3 km strek oor die hoë trappies van die muur.
Riana se marathontyd van 6 uur 28 minute was ruim binne die afsnytyd van 8 uur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie