Van die straat tot die kombuis
Van die straat tot die kombuis

Van die straat tot die kombuis

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - “Ons het saam gelê op een stoep, onder een kombers. Dit was bítter dae.”
Vandag straal die 32-jarige Katriena­ Richter waar sy trots na haarself as die matrone van die nuut geopende Thinus Bakkes-skuiling vir hawe­loses in Windhoek verwys.
Nou is Katriena vir dié saam met wie sy dikwels onder kartonne teen die koue moes skuil, ’n biegmoeder en bowenal ’n voorbeeld van iets beters wat kán wag.
“Hoe moet ek vir die Here dankie sê vir wat ek gekry het? Hulle moet my voorbeeld kyk!”
Ses jaar gelede was die strate rondom die NG Moedergemeente in Windhoek die plek wat sy, haar kinders en haar kêrel “huis” genoem het. Snags het hulle skuiling op die perseel van die Metodistekerk gesoek en deur die dag is motors voor die landdroshof vir ’n inkomste gewas. Sy en haar kêrel het baie gedrink, erken sy. Soveel so dat haar oudste twee kinders deur die welsyn van haar weggevat is. Elke keer het sy besluit om die drank te los en kon sy weer haar seuntjies in haar sorg kry. Maar dan het sy en haar kêrel maar net weer die bottel nadergetrek as hulle by ouma gaan bly het.
“As ek nie gedrink het nie, dan het ek baie gejeuk, ek kon niks slaap nie.”
Van toe tot nou loop die invloed van ds. Thijs van der Merwe, sy vrou en die kerk soos ’n draad deur Katriena­ se lewe.
“Dominee en mevrou het my altyd dopgehou. Sondae het ek by die kerk kom ‘tiep’ en ek het altyd hier kos gekry. Mevrou Adri het later gevra ek moet help met die kosgee op Woensdae.”
Die groot ommekeer in haar en haar gesin se lewe kom in 2010 toe sy, en twee weke later haar kêrel, besluit om finaal hul rûe op drank te draai.
Haar twee seuntjies was weer terug onder haar vlerk en met die inkomste wat verdien is deur karre te was, het Katriena vir ’n eie huisie begin spaar.
Tussendeur het sy al hoe meer by die Van der Merwes se kosprojek betrokke geraak.
“Ons het N$1 365 gespaar en sinkplate gekoop en ’n baie klein huisie gebou. Twee mense van die straat vir wie ek blyplek gegee het, het onder die bed geslaap omdat die plek so klein was!” Vandag spog hul huisie met twee slaapkamers en ’n kombuis en is sy besig om ’n sitkamer aan te bou.
Drie jaar gelede het sy weer ma van ’n seun geword.
Drankmisbruik vier hoogty onder die haweloses wat sy ken en teenkom.
“Elke sent word aan drank bestee, hulle ‘worry’ niks. As hulle ophou drink, sál dinge regkom.”
By die skuiling op die perseel van die NG Moedergemeente word niemand egter toegelaat wat onder die invloed van drank of dwelms is nie. Vanaf 18:00 tot 20:00 kan haweloses hier kom aanklop vir van ’n maaltyd en ’n bed vir die nag, tot speletjies en be­rading. Elke persoon word geregistreer deur vrywilligers van die NG Moeder-, Windhoek-Oos- en Suiderhofgemeente sowel as Shofar Windhoek wat sewe aande per week aan diens is om ’n hand op watter manier ook al by te sit.
Die koste is N$15 per persoon per nag.
“Dit gaan oor hul menswaardigheid. “Is daar iemand wat nié kan betaal nie, sal ons hom natuurlik nie wegwys nie,” vertel Thijs.
Elkeen is verantwoordelik vir sy eie skottelgoed.
“Hulle moet weer grense kry en verantwoordelikheid neem vir hulself.”
Studente in maatskaplike werk verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) gaan ook as deel van hul praktiese opleiding hul internskap by die skuiling doen, terwyl ’n teologiestudent verbonde aan die Namibiese Evangeliese Teologiese Kweekskool (NETS) op ’n permanente basis inwoon vir die oorhoofse verantwoordelikheid vir die skuiling.
Die skuiling se amptelike ‘uit­smyter’ is iemand wat reeds ’n lang pad saam met Thijs en die uitreikprogram vir haweloses stap.
“Hy was ’n langtermyngevangene en kén die ouens op die straat. Hy het homself só bewys dat hy nou deel is van ons groep hier.”
Wanneer die deure 20:00 sluit, open dit eers weer 07:00 die volgende dag.
Belonings vir goeie gedrag sluit van ’n sluitkassie tot die gebruik van ’n wasmasjien in. Die skuiling bied slaapplek aan 30 mense.
Thijs is oortuig daar is verskuilde potensiaal in álle behoeftige mense. Die geheim is om die méns agter die behoefte raak te sien.
“Daar is altyd dié wat met die hulp van ingryping en herintegrasie in die samelewing gerehabiliteer kan word.”
Vir navrae kontak Thijs by [email protected] of 081 124 3641.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.48/OZ UP +0.78% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.76% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.86/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 914.78/OZ UP +1.40%