Trein en motor bots op Swakopmund
Trein en motor bots op Swakopmund

Trein en motor bots op Swakopmund

Henriette Lamprecht
Jessica Botes

’n Vrou het Vrydagoggend ligte beserings opgedoen nadat haar sedanvoertuig op ­Swakopmund deur ’n trein getref is.
Die ongeluk het om 07:15 by die spooroorgang op Mandume Ya Ndemufayo-rylaan plaasgevind. Die voertuig is vir etlike meters deur die trein gesleep voordat dit tot stilstand kon kom. Die voorval word deur die Namibiese polisie ondersoek en die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Volgens die brandweerhoof op ­Swakopmund, mnr. Adri Goosen, is die vrou na ’n hospitaal op ­Swakopmund geneem waar sy behandeling vir skok gekry het. Sy was die enigste insittende in die voertuig en hierdie was die vierde soortgelyke ongeluk wat op die dorp plaasgevind het.
Volgens die West Coast Safety Initiative se facebook-blad het nóg twee ernstige motorongelukke Saterdagaand in die Erongostreek ­plaasgevind. Twee vragmotors was in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke in die omgewing van ’n vul­stasie op ­Swakopmund. Lede van ­Swakopmund se brandweerdiens moes die slagoffers wat in die wrak vasgevang was, met meganiese toerusting bevry.
Die tweede ongeluk het op ­Walvisbaai in Ben Amathilastraat plaasgevind toe ’n sedanvoertuig in ’n muur vasgery het. Die oorsaak van dié ongelukke is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.
Vyf mense het ligte beserings opgedoen toe twee voertuie ­Saterdagmiddag op Walvisbaai by die kruising tussen Theo-Ben Gurirabstraat en 10de Laan in mekaar vasgery het.
Die slagoffers is vir mediese behandeling na ’n hospitaal op Walvisbaai geneem. Een van die voertuie het na bewering versuim om by die stopstraat stil te hou, maar die polisie doen ondersoek na die voorval.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!