Tjahikika maak semifinaal veilig
Tjahikika maak semifinaal veilig

Tjahikika maak semifinaal veilig

Andrew Poolman
Abram Tjahikika se driekuns vir Namibië het hom gister boaan die lys van voorste doelskieters in die 2016 Cosafa onder 17 sokkerkampioenskap geplaas en vir sy land ’n plek in Vrydag se semifinaal bespreek.
Afrigter Timo Tjongarero se manne het vir Seychelle met 4-1 oorompel om in groep A die tweede plek ná Suid-Afrika te verseker, wat gister onoorwonne gebly het deur Mauritius met 2-0 te verslaan.
Die vier plekke vir die halfeindstryd is dus gevul ná die vorige dag se uitslae in groep B. In Vrydag se semifinale sal Suid-Afrika teen Malawi te staan kom, terwyl Namibië en Zambië die ander plek in die eindstryd sal betwis.
In Port Louis, Mauritius het Tjahikika se driekuns sy totaal op vier doele vir die toernooi geplaas, wat een voor Peter Banda van Malawi en Nicholas Mulilo van Zambië is.
Sy eerste treffer het in die 30ste minuut die telbord geopen toe die doelwagter se blaps daartoe bygedra het. Sy doel twee minute ná rustyd is met ’n briljante vryskop behaal, voordat hy in die 76ste minuut propvol selfvertroue ’n bal bo-oor die doelwagter gelig het.
Eldery Morgan, spankaptein van Namibië, het die wenspan se ander doel behaal in die laaste minuut van ’n dominerende vertoning. Sy skop van sowat 25 meter was goed genoeg geplaas om die doelwagter te ontwyk.
Seychelle se troosdoel (hul eerste van die toernooi) het in die 57ste minuut deur Mathiot Juninho gekom.
• Suid-Afrika het sy later wedstryd met net tien spelers voltooi ná die rooi kaart van Mswati Mavuso, wie se vroeër doel sy span ’n minuut voor rustyd voor geplaas het.
Die Jong Bafana-span se doel is vanaf die strafskopmerk behaal toe Tyreese Pillay afgerond het nadat ’n spanmaat in die doelgebied platgetrek is.
Suid-Afrika en Zambië is die twee spanne wat sover nog geen doele afgestaan het nie. Dié twee lyk ook na die gunstelinge om Sondag in die finaal betrokke te wees.
Beide Malawi en Namibië het egter gewys dat hulle met enigiemand kan saamgesels en hulle sal ywerig wees om môre ’n verrassing te lewer.

VRYDAG SE TWEE SEMIFINALE
Suid-Afrika tn Malawi (afskop 13:00 plaaslike tyd; 10:00 Namibiese wintertyd)
Zambië tn Namibië (afskop 16:00 plaaslike tyd; 13:00 Namibiese wintertyd). - cosafa.com

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!