Terreuraanval in Nice eis 80 lewens
Nagenoeg 80 mense is dood en sowat 18 is ernstig beseer toe 'n vragmotor in die vroeë ure vanoggend in Nice, Frankryk, doelbewus tussen 'n skare mense ingejaag het by 'n vuurwerkevertoning ter viering van die Franse Bastille-dag.
Pres. Francois Hollande het die aanval as 'n terreurdaad beskryf en gesê Frankryk is in die greep van "Islamitiese terrorisme". Hy het ook aangekondig dat die noodtoestand wat vroeër afgekondig is, in die ig hiervan verleng word.
Geen groep het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Die bestuurder van die vragmotor is op die toneel deur die polisie doodgeskiet.
'n Britse toeris het aan BBC gesê hy het in die hotel waar hy tuis is, 'n geskreeu gehoor en toe hy uitstorm op die terras "talle liggame sien lê".

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie