Swakop groet land se kleremaker
Moses geliefd, bekend vir herstelwerk
Des Erasmus - Getrou tot die dood. Dit was die lewensfilosofie van Bakhiit Musa Ngumba van Swakopmund teenoor sy klante.
Getrou het hy gebly totdat die tyding verlede week uit Windhoek gekom het. Die man wat landwyd bekend was vir sy vernuf met ’n naaimasjioen, probleme wat skoene gegee het, leerwerk en materiale vir die huishouding en deftiger drag, is dood.
Swakopmunders en sy klante uit die binneland het Musa sommer Moses genoem, met Money Talk wat ’n gemoedelike bynaam in sy kleiner kring was. In Swakopmund se Danny Tjongarerostraat naby die middedorp was hy die eienaar van die Swakopmund Sewing Centre. Ook binnelanders het hom so goed geken dat stikwerk van some soos ook vir gordyne deur die jaar opgegaar is om in Desember in ’n eie koffertjie saam te kom Swakop toe.
Hy was ook ’n man vir verstellings wanneer die lastige vetjies van die Desembervakansie klere laat “krimp” het. Ritssluiters van broeke, baadjies en selfs tasse is deur hom vervang en ou stoele was nuut nadat nuwe oortreksels deel van die bedryf van die Sewing Centre was.
Dit was alles deel van ’n man wat geweier het om te gaan lê nadat hy in ’n motorongeluk in 1995 in sy onderlyf verlam was. Juis die rolstoel waarin hy gekluister was, het hom vasberade gemaak om weer bo uit te kom.
Naby die middedorp was sy winkeltjie bra klein, maar soms was daar tot ses mense in sy diens. Die diens wat Moses gelewer het, het ook uitgekring om ook herstelwerk aan tente en die vervanging van ritssluiters van slaapsakke in te sluit. Vir die wis en die onwis is ook ’n taamlike groot voorraad materiaal aangehou.
Moses het self sy verhaal vertel van die seunsjare by Ruacana totdat die motorongeluk in 1995 by Katima Mulilo alles verander het. Hoewel van Namibië was sy skooljare in Amerika, ’n band wat tot met sy dood bestaan het. Die kleremakery se ontstaan het juis uit Amerika gekom. “Ek het ’n meisie gehad met ’n baie duur smaak. My liefde vir haar was groot. Elke keer wanneer sy van Europa teruggekeer het, was dit met ’n sak vol peperduur ontwerpersklere. Op ’n dag het ek aan haar gesê genoeg is nou genoeg. Ek het besluit om ’n Chinese kleremaakster aan te stel om haar klere te ontwerp en só het ek self by die bedryf betrokke geraak.”
Toe hy na Namibië teruggekeer het, het Moses eers in Windhoek gewerk en toe na Swakopmund verhuis. In ’n stadium het hy sy eie vervoerbesigheid gehad, maar toe volgens ’n geloofstradisie vir sy vrou ’n winkeltjie gekoop om te help met die opvoeding van hul twee dogters.
Oor sy lewe in ’n rolstoel het hy gesê aan die begin was dit maar moeilik, maar hy was ’n kanniedood. ”Ek het nooit moed verloor nie. Ek was voltyds in my winkel en het elke nuwe dag geniet wat die lewe aan my gegee het. Die Swakopmunders was ongelooflik goed vir my. Ons het werk uit haas elke ander deel van die land gekry. Elke keer het mense teruggekom met nog werk wat ek vir hulle moes doen.”
Volgens beskikbare inligting is Moses vroeër verlede week vir ’n rugoperasie Windhoek toe. Komplikasies het ingetree en Vrydag het die dood ingetree. Van Windhoek het ’n spesialis met sy vriende op Swakopmund geskakel en hulle van sy dood ingelig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie