Stropery: 64 renosters, 53 olifante
Altesaam 46 vermeende stropers vas
Francoise Steynberg - ’n Skokkende 64 renoster- en 53-olifantkarkasse is vanaf Januarie tot September deur die Namibiese polisie in die land gevind.
Volgens generaal-majoor James Tjivikua, adjunkinspekteur-generaal vir operasies van die Namibiese polisie, is 17 renosterhorings en 80 olifanttande gevind. Altesaam 26 vermeende renosterstropers en 22 vermeende olifantstropers is in hegtenis geneem.
“Om die toenemende gierigheid van stropers te stop, het die polisie en die ministerie van die omgewing en toerisme op ses ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê, asook op 151 rondes ammunisie en een voertuig,” het Tjivikua bevestig.
Dié syfers vir 2015 is in groot teenstelling met wat mnr. Colgar Sikopo, die direkteur van wildlewe en parke in die ministerie van die omgewing en toerisme, Vrydag in die hof ter strafverswaring van die vier Chinese smokkelaars van 14 renosterhorings en ’n gebreide luiperdvel gesê het. Sikopo het getuig altesaam 43 renosters is vanaf Januarie tot September gestroop.
Tjivikua meen daar is ’n groot styging in wildmisdade deur stropers en olifante en renosters word al hoe meer gesog met ivoor en renosterhoring wat uiters hoë pryse op onwettige markte behaal.
“Die stropers verander hul modus operandi van tyd tot tyd om ons veiligheidsmagte deurmekaar te maak, maar die polisie is een stap voor die kriminele. Die polisie, ministerie, die regering en alle rolspelers doen hul bes om die stropers te uitoorlê wat ons land se beskermde wild en ekonomiese ontwikkeling wil skade aandoen,” het Tjivikua verseker.
Hy doen ’n beroep op alle Namibiese burgers, veral die gemeenskappe in die omgewing van die Etosha Nasionale Park, Palmwag-konsessie en kommunale bewaringsgebiede, die Bwabwata, Mudumo, Nkhasa Rupara Nasionale Park, om die polisie te help om stropery te beveg deur enige verdagte aktiwiteite van wildmisdaad te rapporteer.
“Ons doen ook ’n beroep op hierdie gemeenskappe om nie hul vee in Etosha te laat wei nie. Die polisie pleit by elke Namibiese burger om hande met ander rolspelers te vat en betrokke te raak om ons wild teen stropers te beskerm.”
Tjivikua herinner Namibiërs aan die beloning van N$60 000 vir enige waardevolle inligting wat tot die inhegtenisneming van stropers kan lei.
• Rapporteer stropery by 10111.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie