Stewige styging in BWH-teikenprys
PSG Namibia het sy teikenprys vir Bank Windhoek Holdings (BWH) tot N$20,78 per aandeel opgeskuif – N$2,09 stuk hoër as vantevore. PSG het ook sy aanbeveling vir BWH-aandele na “koop” verhoog. Voorheen was dit “hou”.
Dié positiewe aanpassings volg ná BWH onlangs sy resulate vir die jaar tot einde Junie 2016 vrygestel het, wat toon die groep se wins het met 20,2% teenoor die 2015-boekjaar gestyg. Dit is die vyfde opeenvolgende jaar dat BWH se wins met meer as 20% groei.
BWH het Maandag op N$17,45 per aandeel op die plaaslike indeks van die Namibiese aandelebeurs (NSX) gesluit.
Lees PSG se indruk van BWH se jongste syfers môre in Die Mark.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie