Steenbras maak skoonskip op Henties

Francoise Steynberg
Des Erasmus - Die kampioenhengelaar van die Hentiesfees is ‘n seun van 14 jaar, Dudley Esterhuizen. Sy wensteenbras het die skaal op 13,385 kg getrek in ‘n kompetisie waaraan meer as seshonderd vistermanne deelgeneem het.
Die knaap het sy wenvis self na die skaal in die feestent gebring. Al vereiste wat die weegmeesters gestel het, was dat ‘n volwassene by moet wees wanneer hy sy prysgeld van N$20 000 kom haal.
Dudley het sy groot vangs by Jakkalsputz net suid van Hentiesbaai behaal en die bielie het sommer vroegmiddag in die rak van kampioene in die feestent gehang. Dit was ‘n kompetisie wat deur steenbras oorheers was met Ernie Walters se naaswenner van dieselfde spesie wat op 12,005 kg ingeweeg is. Sy aas was hoenderlewer en hy het sy vangs in die omgewing van Bennie se Rooi Lorrie behaal. Die swaarste kabeljou en kategoriewenner was die ou grote wat Anthony Erasmus van Swakopmund ook by Jakkalsputz raakgeloop het. Die kabeljou het 8,270 kg geweeg. Anthony het sy vangs met ‘n mengelaas van pelser en tjokka behaal.
By Myl 106 het ‘n steenbras ook vir die vistermanstorie van die kompetisie gesorg. Dit was die steenbras van 17 kg wat met sy wraak op Warren Deysel van Swakopmund gekom het. Die vis het die stryd verloor toe dit veilig in Warren se visbak gelê het, maar het met sy vergelding gekom. Die vangs is om 15:39 behaal en daar was geen manier waarop Warren dit van Myl 106 om 16:00 by die skaal in die feetent kon kry nie. Warren het seekat vir aas gebruik.
Tussen die twee kampioenvisse van 13,385 en 12,005 kg het ook ‘n vissie van 0,990 kg gehang. Maar daai vissie was vir sy hengelaar, Gernot Krauer, goud werd. Die vissie was een van twee roofvisse, die ander een was ook ‘n kleiner elf, en is met N$3 500 as uitsonderlike vangs beloon.
Ander kategoriewenners was Vernon Cloete met ‘n steenbras van 11,940 kg by die Canopy met witmossel en krap vir aas, ‘n vrou, S. Roets, met ‘n galjoen van 2,180 kg, Jozimar met ’n kolstert van 2,180 kg en S. Kasaona met ‘n baber van 0,605 kg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!