Skoolseuns begin seisoen op regte noot
Skoolseuns begin seisoen op regte noot

Skoolseuns begin seisoen op regte noot

Krieket
Tielman van Lill
Van Namibië se beste junior spelers kry van môre af tot 30 Augustus in Windhoek die kans om hul talent by die vierde jaarlikse o.19-Momentum krieketweek aan die keurders ten toon te stel.
Sodra die amptelike opening môre by Wanderers afgehandel is, sal die eerste bal om 13:00 geboul word tussen Affies en Windhoek Gimnasium opneem.
Terselfdertyd sal Walvisbaai en ’n Plattelandse span by die United-veld op die veld stap.
Die finale word volgende Dinsdag afgehandel en sal in die T20-formaat gespeel word. In die tussentyd word wedstryde beide in T20- en in die vyftig boulbeurt weergawes beslis.
Windhoek Gimnasium het verlede jaar die titel teen Affies gebuit en is daarop uit om sy kroon te verdedig. Met vier o.19 Wêreldspelers soos Niko Davin, Lo-han Lourens, Charl Brits en Eben van Wyk in sy geledere – en selfs sonder Chrischen Olivier wat tans nog op die rugbyveld gefokus is – lyk dit beslis of Gim die span is om te klop.
Nog ’n titel vir Gim is waarskynlik te wagte en so vroeg in die nuwe seisoen sal die ander spanne hul storie moet ken om die kampioen opdraande te gee.
Walvisbaai en WHS kan nie onderskat word nie, want junior spelers soos Burton Jacobs, Petrus Burger (Walvisbaai) en Warren van Wyk (WHS) kan van die voorpunt af hul spanmaats aanspoor met die ondervinding wat hulle met vanjaar se o.19 Wêreldbeker in Bangladesj opgedoen het.
Ontluikende spelers soos Albert van der Merwe en Damian da Silva (WHS), Marnus Steenkamp, Keanu Engelbrecht, Floris Steenkamp, Dewalt Nel en René Were (Affies), Ben Shikongo en Mauritius Ngupita (kus) en Tiaan Jacobs (Gobabis) sal graag naam wil maak en die oog van die keurders vang. Wedstryde behoort dus ’n goeie vlak van mededinging en opwinding te lewer.
“Steven Berry, ontwikkelingsbestuurder van Krieket Namibië, het die spelers verwelkom en aan die seuns gesê om die kans met beide hande aan te gryp.
“Ek verwelkom julle namens Krieket Namibië by die vierde jaarlikse Momentum krieketweek waar ons die land se beste spelers en skole byeen bring. Dié kompetisie het die afgelope paar jaar die trappie geword waar spelers hulself kan bewys om op junior nasionale vlak te speel en dan later tot senior vlak te vorder. Manne soos Gerhard Erasmus, JJ Smit, Michau du Preez en Zane Green het in die toernooi gespeel en Namibië op beide junior en senior vlak verteenwoordig.
“Ons is opgewonde en sien uit daarna om nuwe talent te ontgin,” het Berry gesê.
“Julle moet in gedagte hou dat die 2018 onder 19 Wêreldbeker in Nieu-Seeland aangebied gaan word en dat Namibië reeds outomaties gekwalifiseer het. Die keurders sal julle dus met valkoë dophou om die beste moontlike groep saam te stel wat Namibië later kan verteenwoordig,” het Berry benadruk.
Die wedstrydprogram:


Vrydag
10:00 Openingseremonie by Wanderers Lapa.
13:00 T20-wedstryde: WAP tn Windhoek Gim (WAP-veld); Walvisbaai tn Platteland XI (United-veld); WHS loslootjie.
Saterdag (50-boulbeurt wedstryde)
09:00 WAP tn Walvis (CCD-veld); WHS tn Windhoek Gim (United-veld); Platteland XI loslootjie.
Sondag (T20-wedstryde, twee)
09:00 WAP tn WHS (WAP-veld); Platteland XI tn Whk Gim (CCD-veld); Walvisbaai loslootjie.
13:30 WAP tn Platteland XI (WAP-veld); Walvisbaai tn WHS (CCD-veld); Windhoek Gim loslootjie.
Maandag (50-boulbeurt wedstryde)
09:00 Walvisbaai tn Windhoek Gim (United-veld); WHS tn Platteland XI CCD-veld); WAP loslootjie.
Dinsdag (T20-wedstryd)
09:00 Finaal, Eerste tn Tweede (WAP-veld); Bronsfinaal, Derde tn Vierde (United-veld); Vyfde het loslootjie. Prysuitdeling om 13:00 by Wanderers-veld.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%