Shifeta praat oor verbod op trofeejag
Shifeta praat oor verbod op trofeejag

Shifeta praat oor verbod op trofeejag

Reuseverliese wag
Francoise Steynberg
Trofeejag in bewaringsgebiede het 40% van die totale direkte inkomste in 2014 aan gemeenskappe gelewer en as dit weggeneem word, kan bedrywe nie volhou word nie.
Dít was die boodskap van die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, Saterdag tydens die 17de Vergadering (COP17) van die Konvensie op Internasio­nale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) in Johannesburg, Suid-Afrika.
“Trofeejag speel ’n belangrike rol in die bestuur en bedryf van bewaringsgebiede deur tasbare, direkte voordele aan gemeenskappe te gee,” het die minister gesê
Volgens hom het die program van Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronbestuur (CBNRM) in 2014 sowat N$530 miljoen tot die nasionale inkomste bygedra, waarvan N$87 miljoen direk tot voordeel van landelike gemeenskappe was. Hy meen jaarliks word tussen 6 500 tot 7 000 werkgeleenthede weens dié program geskep. Trofeejag verskaf ook vleis aan die gemeenskappe.
“Ons kan nie volhoubare ontwikkelingsdoelwitte bereik sonder die volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne nie,” het Shifeta gesê.
“Ek smeek dat gemeenskappe wat hul habitat met wilde diere deel, altyd in gedagte gehou sal word op internasionale platforms soos hierdie. Hulle dra op ’n daaglikse basis die las van mens-dier-konflik.”
Shifeta het beklemtoon dat plaaslike gemeenskappe groot verliese, insluitende menselewens, gely het deur saam met wild te leef, “daarom moet plaaslike mense vergoed word om dit te verduur om die grond met wild te deel”.
Die minister het verduidelik dat Namibië 82 kommunale bewaringsgebiede het met ’n magdom wat die regering na hierdie gebiede verskuif het en plaaslike gemeenskappe die reg van eienaarskap oor hierdie natuurlike hulpbronne gegee het.
“Bewaringsjag en die volhoubare gebruik van ons wild is ’n grondwetlike verpligting in Namibië. Die gebruik van ons wild word gelei deur volhoubaarheid en die toepassing van wetenskap,” het die minister gesê.
Hy het verduidelik dat volgens die Grondwet is wetgewing geskep om plaaslike gemeenskappe te bemagtig om aktief wild te bestuur en voordele daaruit te kry toe gemeenskapsbewaringsgebiede gevorm is.
“Dit is gedoen met die doel om wild en die omgewing in kommunale gebiede te herstel en dit het gelei tot die toename in die olifantbevolking van 7 500 in 1995 tot die huidige 23 000 diere.
“’n Groot persentasie van hierdie olifante kom buite formele, beskermde gebiede voor en danksy hierdie program is ons bevolkings van kameelperd, luiperd, renoster, leeu, krokodil, buffel en jagluiperd vandag baie gesond. Sommige plaaslike be­skermde spesies is in hul voormalige habitat in kommunale gebiede herstel en uitgebrei.”
Shifeta het voorts gesê trofeejag is nie net van toepassing op kommunale gebiede nie, maar 80% van grootvlaktewild word op private grond gevind.
“Volhoubare jag op private plase het gelei tot die verhoging van die waarde van wild. ’n Kombinasie van beesboerdery en jagoperasies verskaf dubbel die aantal permanente werkgeleent­hede as op suiwer beesplase.”
Die minister het ook beklemtoon dat Namibië gekant is teen die onvolhoubare gebruik van wild, maar hy meen ’n algehele verbod op volhoubare trofeejag sal tot ekonomiese verliese, groter armoede en selfs erge biodiversiteitsverliese as ’n geheel lei.
Cites vind tot 5 Oktober in Johannesburg plaas.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!