Sharks het te veel byt vir Stormers
Die slag is op Nuweland gelewer en die volle fokus word nou op die span van die Sharks gevestig wat die eer van die Suid-Afrikaanse spanne wat deel van die Super Rugbyreeks is, in Nieu-Seeland te gaan verdedig.
Laat ons eerlik wees, die Sharks het die Stormers die naweek van hul voete af gespeel. Die algemene verwagting was dat vlugflouheid die laaste 30 minute van die wedstryd op die Sharks sou inwerk, maar die wyse waarop hulle gespeel het, was daar geen teken van enige flouheid nie. Inteendeel.
Soos gewoonlik het lesers weer flink deelgeneem aan Republikein en Officeconomix se gewilde rugbyraaikompetisie en ?n rekordgetal van 677 SMS?e is ontvang. Die wenner, en ook ?n entoesiastiese Sharks-ondersteuner, was Johann Laube van Swakopmund. Hy het die telling presies reg gehad ? 26 vir die Sharks en 19 vir die Stormers.
Die naweek in Hamilton is dit die Sharks en die Chiefs wat in die eindstryd van die Super Rugbykompetisie gaan opdraf.
Soos gebruiklik hoef lesers wat aan die rugbyraaikompetisie wil deelneem, net ?n SMS na 52501 met die voorvoegsel ?Einstein? en die wenspan se naam saam met die telling te stuur. Jou SMS moet dus lees Einstein Sharks 35 ? 25 as jy dink die Suid-Afrikaanse span gaan die Nieu-Seelandse Chiefs troef.
Indien niemand die korrekte telling kan voorspel nie, sal die telling naaste aan die korrekte getrek word. Die voorwaarde is dat die telling van die wenspan korrek moet wees en die verloorders se telling nie met meer as vyf punte verskil nie.
Elke SMS kos N$5 en die kompetisie sluit sodra die wedstryd begin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie