SA medies u2019n mu00f3u00e9t vir Nam-studente
SA medies u2019n mu00f3u00e9t vir Nam-studente

SA medies ’n móét vir Nam-studente

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Namibiese studente wat in Suid-Afrika studeer, gaan nié van die voorgeskrewe vereiste vrygestel word wat bepaal dat hulle aan mediese fondse wat in dié land geregistreer is, moet behoort nie. Dié vereiste geld vir alle studente uit lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat Namibië insluit.
Tydens die 17de jaarlikse konferensie van die Raad van Gesondheidsorg­finansiers wat in Kaapstad, Suid-Afrika plaasgevind het, word SADC-studente wat in die land studeer deur sommige universiteite gedwing om mediese dekking in Suid-Afrika te bekom, selfs al word hulle reeds deur mediese fondse in hul land van herkoms gedek.
Die besturende direkteur van Prosperity Health in Namibië, het tydens die konferensie gesê sommige studente is registrasie geweier omdat hulle nie die kontant gehad het om ’n paar maande se paaiemente vooruit te betaal nie. Dít in weerwil van die feit dat die mediese skemas in SADC-lande gewaarborgde dekking vir Suid-Afrika verseker en dit deur sommige van die Suid-Afrikaanse ambassades aanvaar word wat studentevisums uitreik.
“Die betrokke vereiste hou ernstige gevolge in. Studente moet nou as lid van ’n mediese fonds bedank, net om weer aan te sluit met ’n wagtydperk, wanneer hulle na die land terugkeer.”
Volgens hom is daar ook koste-implikasies om van ’n afhanklike na ’n hooflid van ’n skema te verander.
“Baie dikwels moet die ouers ’n keuse maak om voort te gaan om mediese dekking in Namibië te hê of vir hul kind in Suid-Afrika te betaal. Ook word sekere mediese fondse in Suid-Afrika deur sommige universiteite in die land bevoordeel.
“Twee of drie fondse het stalletjies by registrasie, met sommige universiteite wat byvoorbeeld twee fondse voorstel wat weeklikse konsultasie-ure op die kampus het.”
Volgens die hoofbeampte van die Nammed mediese fonds, mnr. Gert Grobler, mag Namibiërs nie aan twee geregistreerde fondse behoort nie. Om aan beide ’n Suid-Afrikaanse en ’n Namibiese mediese fonds te behoort, is boonop baie duur.
Die vereiste vir verpligte deelname aan ’n Suid-Afrikaanse mediese fonds word gemotiveer deur die land se Immigrasie Wysigingswet 19 van 2004 wat bepaal dat alle internasionale studente wat in die land studeer, ’n bewys van ’n mediese skema moet hê wat by die Suid-Afrikaanse Wet op Mediese Skemas van 1998 geregistreer is. Sou dit nie die geval wees nie en ’n student word toegelaat om sonder dié dekking te registreer, kan die betrokke student se studiepermit ongeldig verklaar word.
Volgens Grobler is dit ’n wet wat reeds lank bestaan, maar nooit toegepas is nie.
Tydens die konferensie in Suid-Afrika het mnr. Duncan Thela, besturende direkteur van verwante fondsbestuurders in Botswana gesê die meeste van die mediese fondse in SADC-lande beskik oor reëlings wat met al die groot Suid-Afrikaanse verskaffersnetwerke van gesondheidsorg getref is.
’n Gesamentlike erkenning en fasilitering van oorgrensbetalings en ’n stelsel van voorafgoedkeuring is volgens hom in gebruik.
“Die vereiste vir studente om ’n Suid-Afrikaanse mediese fonds te hê, is strydig met die SADC Protokol vir Onderwys wat Suid-Afrika onderteken en onderskryf.”
Mnr. Andrew Molver van ’n regsfirma het tydens die konferensie gesê die vraag is of daar enige regsbasis bestaan ingevolge waarvan van die vereiste afgewyk kan word.
Volgens Molver is daar geen ­voorgeskrewe regsvrystellings van die vereiste nie. Ook is daar geen ­regsbasis waarop buitelandse mediese fondse erken kan word as fondse wat kragtens die Wet op Mediese Skemas geregistreer is met die doel dat hul lede vir studiepermitte kan aansoek doen nie.
“Daar is geen protokolle en of ooreenkomste wat ’n afwyking van die heersende regsvereistes toelaat nie.”
Hoewel dit teoreties moontlik kan wees om die grondwetlikheid van die verwante vereistes van die immigrasie-regulasies uit te daag in die sin dat dit “onredelik” is en “onregverdigbaar” die reg tot toegang tot onderrig beperk, sê Molver dit gaan ’n “uiters moeilike saak” wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!