Rehobothers ly dors

Dorpsraad moet vandag N$4,3 miljoen betaal
Augetto Graig
Augetto Graig - Rehoboth se stofpaaie het gister droër monde as gewoonlik veroorsaak ná NamWater vroegdag dié dorp se watertoevoer weens die dorpsraad se agterstallige skuld gestaak het.
Toe Republikein op die dorp aangekom het, het mense tougestaan by die min krane wat water voorsien het en al wat ’n houer is, vol getap. Inligting was maar skraps met bykans die hele dorpsraadbestuur wat in Windhoek was om met NamWater te onderhandel.
Volgens mnr. Christoph /Uirab, uitvoerende hoof van Rehoboth se dorpsraad, skuld dié owerheid NamWater lank reeds geld en beloop die agterstallige skuld reeds meer as N$36 miljoen. Vertrouenskwessies tussen die nasionale waterverskaffer en die dorp beteken die water sal eers weer aangesluit word sodra Nam­Water ’n voorskot van net onder N$6,5 miljoen ontvang, sê hy.
As die dorpsraad dit nie betaal nie, sal Rehoboth se water môre net vir die dag aangesluit word, maar Saterdag en Sondag sal dit opnuut afgesny word.
/Uirab sê N$2 miljoen is gister aan NamWater oorbetaal. Die dorpsraad moes toe eers weer vergader en sy boeke nagaan om te sien waar die oorblywende N$4,3 miljoen vandaan gaan kom. Teen gisteraand was hy vol hoop dat die geld wel beskikbaar sal wees sodat Rehoboth se water weer kan vloei. “Daar is niks anders wat ons kan doen nie,” het hy gesê.
Baie van die dorp se inwoners is woedend. Hul munisipale ­waterrekeninge is tot op datum betaal. As hul waterrekeninge teen die 15de van elke maand nie ten volle betaal is nie, sny die dorpsraad hul toevoer af.
Me. Tina Frey (64) en haar man Hendrik (80), wat hul lewe lank reeds op die dorp bly, is van die ontstelde inwoners. Dié pensioenarisse was gisteroggend sonder water in hul huis in Blok A gestrand. “Ek betaal so baie vir water! Hoekom sit ek vanmôre sonder water?” wou sy weet.
/Uirab was nie seker of die streng betaalbeleid wel toegepas word of nie. “Dit is in die diskresie van die departement finansies. Natuurlik word al die geld wat ingesamel is, ook nie noodwendig vir wateruitgawe gebruik nie. Daar is ook ander uitgawes soos salarisse. Ideaal sou waterinkomste eers vir waterkoste gebruik word, maar ek weet nie wat lei hulle nie. Maar ons het al ernstige terugslae by dié departement gehad,” sê hy.
Nog ’n kwessie is die watermetingstelsel vir verbruik op die dorp, sê /Uirab. Hoeveel water NamWater aan die dorp verskaf asook die dorp se werklike verbruik, word geskat. Dan bestaan nog die moontlikheid van lekkasies.
Al dié probleme moet eers opgelos word alvorens die dorp kan oorskakel na ’n stelsel van voorafbetaalde water, sê hy. NamWater is ’n voorstander van dié stelsel sodat die huidige situasie in die toekoms vermy kan word. Só ’n stelsel sal egter tyd neem en geld kos, sê /Uirab.
Die situasie met kragverskaffing van NamPower lyk dieselfde, sê hy. ’n Skuldooreenkoms bestaan, maar daar is baie ernstige uitdagings.
“Dié (situasie) is ’n wekroep vir ons almal om wakker te skrik – die raadslede, bestuur en werkers. Ons kan nie ons water en elektrisiteit betaal as ons bedrywighede nie doeltreffend is nie,” sê hy.
Die DTA, die opposisieparty, het die dorpsraad oor die vingers getik omdat onskuldige inwoners vir hul fout gestraf word. Mnr. Manuel Ngaringombe, sekretaris-generaal van die DTA, het ook die watermetingstelsel bevraagteken. Hy het inwoners aangemoedig om saam teen die onbekwaamheid van die raad en die dorpsbestuur te staan deur aan ’n optog deel te neem wat vir volgende week beplan word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.96 | EUR to NAD 20.53 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.3 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.02 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.07/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0008 | Zinc US$ 2 446.40/T DOWN -0.41% | Brent Crude Oil US$ 86.78/BBP UP +0.45% | Platinum US$ 898.23/OZ UP +0.37%