Rehoboth wil /Uirab skors
Rehoboth wil /Uirab skors

Rehoboth wil /Uirab skors

Noodvergadering ná klagte ingedien is
Augetto Graig
Augetto Graig - Die munisipale departementshoofde van Rehoboth het tydens 'n noodvergadering van die raad láát Maandag klagte teen die hoof uitvoerende beampte, mnr. Christoph /Uirab ingedien, sê die UPM-raadslid, mnr. Lennie Pienaar.
Hy sê drie Swapo-raadlede was gretig om /Uirab se kontrak onmiddellik op te skort, maar hy het hulle herinner dat toestemming eers van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling verkry moet word.
“Ons kan nie bloot die man se kontrak opskort nie. Ons moet eers ? verslag aan die minister (me. Sophia Shaningwa) stuur en indien hulle só ? besluit sou neem, sal ons as UPM ons daaraan onttrek,” sê hy. “Ek het niks verkeerd gesien met die dinge waarmee hy besig was nie. Hy het die dorp se geldsake ondersoek en dus wil hulle onslae raak van hom,” volgens Pienaar. Hy sê ? brief is na die ministerie gestuur, maar daar is nie vir terugvoering gewag voor hulle vir /Uirab geskors het nie.
/Uirab het vroeër die week erken dat verwikkelinge by die raad hom verhoed om oor enige dorpsraadsake te praat. Hy het ? brief ontvang wat sê hy is weens ernstige redes geskors, maar geen besonderhede is verstrek nie.
/Uirab was klaar met verlof om tyd met sy siek kind in die hospitaal deur te bring. Hy het alle verdere vrae aan die waarnemende hoof uitvoerende beampte en finansiële bestuurder van die dorpsraad, me. Jennifer Kays, verwys.
Kays het slegs bevestig dat /Uirab nie afgedank is nie. Sy het gesê die dorpsraad mag vandag ? amptelike verklaring oor die aangeleentheid uitreik, maar wou nie enige besonderhede verskaf nie.
Onbevestigde beweringe lui dat Kays ? prokureursbrief aan /Uirab gestuur het oor seksuele teistering, maar hierop het sy ook geen kommentaar gelewer nie. /Uirab het voorheen gekla dat sedert sy aanstelling in Februarie, hy geen volledige finansiële state van die dorpsraad by haar departement in die hande kon kry nie. Kays het vrae in dié verband ook na /Uirab verwys.
Rehoboth se dorpsraad was verlede maand in groot moeilikheid oor reuseskuld wat nie aan NamWater betaal is nie, met die gevolg dat die nasionale waterverskaffer die dorp se water vir twee dae afgesluit het. /Uirab het toe ook genoem dat die dorp vir NamPower ook groot bedrae geld vir kragvoorsiening skuld.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!