Rehoboth se noodkreet
Rehoboth se noodkreet

Rehoboth se noodkreet

Catherine Sasman
Catherine Sasman - Ouditverslae sedert 2006 dui daarop dat die Rehoboth-dorpsraad (RTC) se finansiële beheer oor bates en laste in ’n benarde situasie verkeer, maar dat dit nooit aandag geniet het nie, of dat die betrokke partye daarvoor verantwoordelik gehou is nie.
Die bevindings van die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) vir die boekjare 2006 tot 2010 herhaal dieselfde storie: Die ouditeur-generaal kan nie sê of die finansiële state van die RTC die finansiële toestand van die RTC regverdig verteenwoordig nie.
Kortliks, die forensiese oudits onthul dat die raad deurspek was van bedrieglike aktiwiteite, wat opera­sionele verliese vererger het.
Die ouditverslae het ’n rits onreëlmatighede onthul, onder meer geen rekonsiliasie oor opgehoopte krediteure nie; geen gereelde rekon­siliasie van belasting op toegevoegde waarde (VAT) kontrolerekeninge nie; geen fisiese voorraadopnames nie; geen ontleding van voorlopige rekeninge nie; geen verlofregister en bonus-vooruitskattings nie; geen bankkonsiliasie van die tjekrekening nie; en noemenswaardige ver­skille tussen die grootboekbalans en NamWater-state.
Verder was geen besonderhede oor beskikbare interne fondse beskikbaar nie; geen ouditering van openingsbalanse in die elektrisiteitsdepartement nie; geen ondersteunende dokumentasie of bewyse van die ontvangs van subsidies oor diverse inkomstes nie; maandelikse verskille op die betaalstaat wat nie ondersteun of ver­duidelik word nie; geen leningsregister nie; geen dokumente wat vir kwitansies en kontantregisterverslae voorgelê is nie; en “verrassende” hoeveelhede kontant wat op onreëlmatighede dui.
Vrae is geopper oor onverklaarbare betalings of rekeninge met geen ondersteunende dokumentasie nie, onder meer vir werk soos die instandhouding van strate, erwe wat verkoop is, die aankoop van water en krag van onderskeidelik NamWater en NamPower, vaste bates en die raad se betaalstaat en beleggings.
Geen verduidelikking is verstrek waarom geen voorraadopnames gedoen is nie; waarom geen rekord vir verlof en bonusse wat aan personeel toegeken is, bestaan nie; waarom geen rekord van kontant- en bankrekeninge of betaalstate beskikbaar is nie; waarom opnames gemaak is van lenings wat nie bestaan nie; waarom geen register bestaan van lenings wat toegestaan is nie; en waarom geen rekord van die Saambou-projek gehou is nie.
Die somtotaal van hierdie onreëlmatighede in finansiële verslaggewing vir die 2006- tot 2010-boekjaar, is dat meer as N$58 miljoen verdwyn het, geen verslag daaroor gedoen is nie, en waarvoor geen dokumentasie beskikbaar is nie.
Verslae vir die boekjare wat in 2011, 2012 en 2013 geëindig het, dui ook daarop dat geen voldoende interne finansiële beheer toegepas was nie, en dat ondersteunende dokumente wat voorsien is, vir ouditeringsdoeleindes onvoldoende was.
In 2012 reeds het die OG sy bedenkinge uitgespreek of die RTC as ’n lopende saak sou kon bestaan.
Die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) het ook finansiële ongerymdhede en verdagte tendertoekennings by die RTC ontdek, en gevra dat die destydse ministerie van streeks- en plaaslike regering, behuising en landelike ontwikkeling moet intree.
In Junie 2012 het chaos in die dorp losgebars toe NamWater water­toevoer weens uitstaande skuld van nagenoeg N$30 miljoen opgeskort het.
’n Openbare vergadering is later gehou, waar die Joshua Generation gemeenskap-ontwikkelingskomitee bestaande uit tien mense gestig is, en gelas is om ondersoek na die RTC se finansiële situasie in te stel.
Dié komitee het ’n vorige eerste minister, mnr. Nahas Angula, ontmoet om oor die finansiële onreëlmatighede te praat, asook die impak wat dit op die ontwikkeling van die dorp het. Angula het onderneem om die saak te ondersoek, maar niks het tot op hede daarvan gekom nie.
“Die dorp gaan dood, maar niemand hoor ons noodkrete nie,” het ’n bekommerde inwoner gesê wat verkies om anoniem te bly.
Nóg ’n forensiese ondersoek, wat as die Adonai-verslag bekend is, is tussen Junie en Desember 2009 onderneem, waarin talle finansiële onreëlmatighede onthul is en wat ’n aantal personeel van die raad geïmpliseer het.
Die oudburgemeester van Rehoboth, me. Eva Maasdorp, het in 2012 gesê die verslag het verskeie wetlike en prosedurele kwessies bevat wat dit moeilik sou maak om iemand op grond daarvan aan te kla.
Nietemin is die verslag by die ACC ingedien.
Die ACC se hoofondersoekbeampte, mnr. Nelius Becker, kon gister nie sê of ondersoek ingestel is nie, aan­gesien hy nie die lêer kon opspoor nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.17 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18%