Regter su00ea oor grafte-twis
Regter su00ea oor grafte-twis

Regter sê oor grafte-twis

Ovambanderu tradisionele owerheid seëvier in hof
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw

Regter Collins Parker het gister in die guns van die Ovambanderu tradisionele owerheid beslis in die saak tussen twee opponerende groepe in dié gemeenskap.
In sy uitspraak het hy beveel dat me. Aletha Nguvauva en me. Mutima Nguvauva, of enige persoon wat namens hulle optree, verbied word om met herdenkings op 3 tot 5 Junie of enige ander tyd voort te gaan. Voorts mag dié twee vroue nie die Okahandja heilige graf by erf 548, ­Kahimemuarylaan, Okahandja, besoek nie.
Die regter het verder beveel dat die twee vroue nie hul groep se jaarlikse herdenkings op enige ander naweek as ’n naweek voor 12 Junie by die heilige graf mag hou nie.
Die dispuut het ontstaan omdat die tradisionele owerheid die leier van een van die faksies in die ­Ovambanderu-gemeenskap, Aletha, wil verhoed om die graf van haar oorlede man te besoek en ’n krans daar te plaas.
Die tradisionele owerheid het die hoërhof in Junie genader om te gelas dat Aletha, die weduwee van wyle hoofman Munjuku II Nguvauva, haar seun, en enige ander persoon wat namens hulle optree, nie die terrein van die begraafplaas mag betree waar ’n ander hoofman, die vereerde ­Kahimemua Nguvauva, en ander lede van die gemeenskap begrawe is nie.
In sy uitspraak het die regter gesê hy is tevrede dat die tradisionele owerheid volgens die Wet op ­Tradisionele Owerhede, Wet 25 van 2000, die reg het om die begraafplaas by erf 548 as ’n heilige en kulturele plek van die gemeenskap te verklaar.
Oor Aletha se reg om haar man se graf te besoek, het die regter in sy bevel verder uitgewei: “Dit is nie te sê dat die eerste respondent nie ’n krans op die graf mag plaas nie, maar sy kan dit slegs in ooreenstemming met die tradisies en tradisionele waardes van die gemeenskap doen.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!