Regsman Piet Greeff oorlede
'n Bekende oud-Namibiër en regsman, mnr. Piet Greeff, is Vrydag in die ouderdom van 86 jaar in Suid-Afrika oorlede. 'n Gedenkdiens vind vandag om 14:30 by die aftreeoord La Vie Est Belle in Durbanville in die Kaap plaas.
Greeff het destyds as landdros en streeklanddros gedien en is later as die hoof van justisie aangestel, waar hy 'n groot bydrae gelewer het in die opstel van die drankwet en die proklamering van paaie en waterbronne.
Hy het ook diep spore getrap in die rugbygemeenskap in Namibië en in besonder as afrigter van United-rugbyklub vir baie jare, asook suksesvolle afrigter van die Suidwes-span vir ‘n hele aantal jare.
In 1974 is hy verplaas na Suid-Afrika waar hy voortgegaan het om ‘n groot impak te maak in die regspraak in Durban en later in die rondgaande hof en streekhof in die Oudtshoorn-streek.
Na sy aftrede het hy vir ‘n aantal jare met toewyding in die stadsraad van Oudtshoorn gedien. Elke jaar het hy tyd bestee om te reis en kamp in die mees verafgeleë dele van Namibië om net weer sy gees te voed.
Hy was ‘n storieverteller van formaat en het in Fraai Uitsig, Klein Brakrivier, waar hy na sy aftrede gaan woon het, begin om dié gawe met die pen te verwesenlik. Op 80-jarige leeftyd publiseer hy sy eerste boek Kryt en Kordaat, wat sy lewenservaringe as jong seun saam met ‘n Boesman-seun in Namibië uitbeeld. Daar is sprake dat die boek verfilm gaan word. Hy het ook kort voor sy afsterwe sy tweede boek, Satan Saad, voltooi. Dié is tans by die uitgewers.
Greeff word oorleef deur sy vrou Christa, twee seuns, Andrew en Eben, twee dogters, Christa en Petra en vyf kleinkinders.
'n Huldeblyk deur sy familie lui: " Die stem en pen van Petrus Jacobus Greeff het stil geword en net vir ‘n wyle het die sonbesies asem opgehou, ‘n visarend se skreeu oor die waters van die Okavango weergalm en ‘n leeumannetjie het geloop en steun-steun. Totsiens, Kryt. Jou plek is leeg in ons land en in ons harte."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie