Randolph Vigne in Engeland oorlede
Randolph Vigne in Engeland oorlede

Randolph Vigne in Engeland oorlede

Ronelle Rademeyer
Estelle de Bruyn

Die Speaker, prof. Peter ­Katjavivi, het gister in die Nasionale Vergadering hulde gebring aan Randolph Vigne, ’n vriend uit die jare van die bevrydingstryd wat die naweek in die Canterbury-hospitaal­ in Kent in die ouderdom van 88 jaar oorlede is.
Vigne was ’n Suid-Afrikaner wat in die 1950s en 1960s ’n belangrike rol in die radikalisering van die Suid-Afrikaanse­ Liberale Party gespeel het. Hy was ’n apartheidsaktivis wat hom ook vir die onafhanklikwording van Namibië beywer het.
Vanweë sy gemoeidheid met die ANC is hy ingevolge die wet op die onderdrukking van kommunisme verban.
Hy het daarin geslaag om uit Suid-Afrika te vlug en het ’n heenkome in die Verenigde Koninkryk gevind, waar hy volgens Katjavivi leierskap aan die “Vriende van Namibië”-­komitee verleen het en ondersteuning en solidariteit aan Namibiërs in ballingskap betoon het.
Katjavivi het nou met Vigne saamgewerk in die 1960s en 1970s, toe Katja­vivi Swapo se verteenwoordiger in die Verenigde Koninkryk en Wes-­Europa was.
Vigne was ook in die 1950s en 1960s ’n vriend van Namibiërs wat hulle in Kaapstad bevind het. Een van hulle was die afgetrede politikus en Swapo-veteraan, mnr. Andimba Toivo ya Toivo.
Katjavivi het namens die Nasionale Vergadering en die mense van Namibië simpatie aan die Vigne-­familie betoon.
Lede van die Huis het vir ’n minuut van stilte opgestaan ter nagedagtenis aan Vigne.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!