Pupkewitz skenk gereedskap aan Waldorf
Volgens die hoofbestuurder van die Waldorf-skool, mnr. Christian Bosse, sal die gereedskap wat hulle van die Pupkewitz-stigting ontvang het, baie help met die opvoeding van die leerders. Die skenking sal U329; groot verandering in hul werkswinkel maak, het hy bygevoeg. In die toekoms moet die tegniese opleidingsafdeling van Waldorf aan die standaarde en vereistes van die Namibiese Opleidingsowerheid(NTA) voldoen, het hy gesê. Die stigting sal die skool meer ondersteun ter wille van die opvoeding van die leerders, het die stigting aangekondig. Die gereedskap sal in die tegniese vakke gebruik word, het Bosse gesê.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie