Plaasvrou aangeval
Plaasvrou aangeval

Plaasvrou aangeval

Met warm plastiek gebrand
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ’n Bejaarde vrou is Dinsdagmid­dag op ’n plaas in die Leo­nardville-omgewing oorval en wreed aangerand. Die 79-jarige me. Hendrina Johanna (Drienie) Osborn van die plaas Excelsior bly saam met haar seun wat ten tyde van die voorval uitstedig was.

Osborn is deur die verdagtes met telefoonkabels op ’n stoel vasgemaak. Koerantpapier is in plastiek­sakke gesit en aan die brand gesteek, waarna Osborn met die warm plastiek onder meer op haar voorarms en tussen haar tone gebrand is. Sy is ook herhaaldelik in die gesig geslaan. Een van die verdagtes het haar ook met ’n mes gedreig en na bewering gesê “hierdie mes sal lekker sny”.

Vier verdagtes is in verband met die voorval aangekeer, van wie drie agter tralies op Gobabis is. Die vierde verdagte is onder polisiebewaking in die Sentrale Hospitaal in Windhoek, nadat hy ’n skietwond in die maag ­opgedoen het. Die vermoede bestaan dat hy per abuis geskiet is deur ’n makker met die pistool wat gebuit is op die plaas en aan Osborn se seun behoort.

Volgens die voorsitter van die Leo­nardville Polisie-ondersteuningsinisiatief en reservis, mnr. Kobus Vermeulen, het hy Dinsdagmiddag ’n oproep gekry van Osborn se seun dat sy ma op die plaas aangeval is.

Vermeulen, wat sowat 18 km van Excelsior boer, het hom onmiddellik daarheen gehaas en het onderweg daarheen voertuigspore op die pad opgemerk wat nie vroeër daar was nie.

By sy aankoms het Osborn gesê twee verdagtes het haar aangerand en dat hy hulle “seker net gemis het”. Sy kon egter nie sê of hulle met ’n voertuig daar was en hoe dit lyk nie. Vermeulen het lede van die buurtwag en boere in die omgewing laat weet om op die uitkyk vir die verdagtes te wees en hy het begin om spore tot by die grootpad te volg.

Intussen het een van die lede laat weet hy het ’n wit bakkie teëgekom wat hy probeer stop het, maar dit het weggejaag. Hy het die bakkie agtervolg, met skote wat deur die insittendes op hom gevuur is.

“Die opdrag was hy moet hulle nie probeer stop nie, maar net agtervolg.”

Die bakkie het later in die rigting van Hoachanas beweeg, met die Hoachanas-polisie wat op die noodroep gereageer het om met die soektog te help.

Ook dié polisie het onder skoot gekom.

“Geen skote is ooit deur die polisie of deur die buurtwaglede gevuur nie. Die enigste skote was dié van die verdagtes wat uit die bakkie op die polisie en die buurtwaglede gevuur is.”

Volgens Vermeulen het die bakkie die bosse ingejaag, met twee verdagtes wat uitgespring en die bosse ingehardloop het. Geen van die gesteelde goedere is in die bakkie gevind nie.

“Nog twee verdagtes wat agter in die bakkie was, is aangekeer en hulle het die ander twee geïdentifiseer.”

Die soektog na die ander twee is teen donker afgelas. Vermeulen was skaars by die huis toe hy ’n oproep ontvang dat een van die verdagtes hom by ’n polisieman se huis oorgegee het.

“Die vierde verdagte wat ’n skietwond in sy maag gehad het, is vasgetrek by die kliniek waar hy vir behandeling gegaan het. Die vermoede bestaan dat sy makker wat saam met hom agter op die bakkie was, hom moontlik per ongeluk raakgeskiet het.”

Volgens Vermeulen is buiten die pistool, ook N$300, kontant, juwele, sakkies met munte en onder meer boeliebief en stukke biltong gebuit. Dit is alles teruggevind op die plek wat deur een van die verdagtes uitgewys is.

Hy het Osborn se aanranding bevestig.

“Hulle het haar baie seergemaak.”

Die misdaadkoördineerder vir die Omahekestreek, komm. Josephat Abel, het bevestig drie van die verdagtes is agter tralies op Gobabis waar hulle ook in die hof sal verskyn. Die vierde verdagte is onder polisiebewaking in die Windhoek Sentrale Hospitaal. Volgens Abel sluit die klagte teen hulle roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer in.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%