Pastoor staar verdere klagte in die gesig
’n Pastoor van die Rynse kerk wat daarvan beskuldig word dat hy ’n minderjarige meisie verkrag het, kan ander soortgelyke klagte in die gesig staar.
Staatsaanklaer Fillemon Nyau het in die landdroshof in Katutura gesê verskeie minderjarige meisies en jong vroue van Schlip, Rehoboth en Walvisbaai is gereed om klagte van verkragting en seksuele molestering teen pastoor Elvis Jansen aanhangig te maak.
Jansen is in aanhouding ná die pa van ’n 16-jarige meisie vroeër hierdie maand ’n saak van verkragting teen hom aanhangig gemaak het.
“Die polisie is nou besig om die nuwe aantygings te ondersoek,” het Nyau Maandag tydens die verhoor van die pastoor se onsuksesvolle aansoek om borgtog gesê.
Landdros Ileni Velikoshi het borgtog geweier ná die staat bewyse voorgelê het dat die pastoor uit Namibië kan vlug om vervolging te ontduik.
Ander redes wat aangevoer is vir die weiering van borgtog, is dat die pastoor weens sy posisie en invloed in die gemeenskap en onder lede van sy kerk, met die polisie se ondersoeke kan inmeng deur die klaagster en ander staatsgetuies te kontak.
Jansen ontken die beweringe.
Die saak is tot 11 November 2016 uitgestel sodat die polisie hul ondersoeke kan voltooi. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie