Pa verkrag 11-jarige dogter
Tanja Bause
Drie meisies is die afgelope naweek in die land verkrag. By die Tsaraxaibes-nedersetting is ’n 31-jarige vrou Saterdag verkrag. Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Slogan Matheus, was die vrou by ’n troue en het sy ’n man wat aan haar bekend was, gevra om haar na haar huis te vergesel. Sy was bang om alleen in die donker te stap. Volgens haar het die man met hul aankoms by haar huis daarop aangedring dat sy met hom seks as betaling moet hê vir die feit dat hy saam met haar huis toe gestap het. Sy het geweier, waarna hy haar met ’n leë bierbottel aangerand, op die vloer gegooi en verkrag het. Die verdagte is nog op vrye voet.
Volgens Matheus het ’n 32-jarige man sy vyfjarige niggie in die Ohaihana-nedersetting in Eenhana verkrag. Die kind het gaan water haal toe hy haar genader en vir haar N$1 gegee het. Hy het haar opdrag gegee om hom te volg na ’n buurman se erf waar hy haar verkrag het.
Intussen is ’n man Saterdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy 11-jarige dogter tussen Junie en Augustus vanjaar herhaaldelik verkrag het. Die meisie se ma was tydens die verkragtings op besoek aan familie in Zambië. Volgens Matheus het die meisie se ma verlede week haar tradisionele kombers gesoek, maar kon sy dit nêrens vind nie. Haar dogter het later die plek gaan uitwys waar sy dit weggesteek het. Volgens die dogter het haar pa dit op die vloer neergesit en haar daarop verkrag, waarna hy gesê het sy moet dit wegsteek. Die ma het Vrydag die saak by die polisie aangemeld. Die man het op die vlug geslaan, maar is Sondag in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie