Ou grote stil
Tanja Bause - Medusa, die matriarg van die Mama Afrika-trop woestynaangepaste olifante wat in die Ugabrivier bly, is dood.
“Sy het haarself ’n tydjie gelede van haar trop verwyder en dit het gelyk asof sy baie moeg is en nie goed vaar nie. Roo en haar aangenome seun Madiba het vir ’n lang tyd by haar gebly, maar sedert Julie was Medusa op haar eie en het sy in die Ugabrivier weggekruip,” het Elephant Human Relations Aid in Namibië (EHRA) op sy Facebookblad laat weet.
Medusa het net een tand gehad. Dié het sy in Maart verloor. Sy het die rol van matriarg van die trop oorgeneem, nadat Mama Africa in Desember 2014 dood is. Medusa het nie 'n nageslag nie. Die Mama Afrika-trop met 14 olifante is die grootste trop woestynaangepaste olifante wat in die Ugabrivier voorkom. Twee kleiner troppe bly ook in dieselfde rivier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie