Oorsprong van renosterhorings bevraagteken
Oorsprong van renosterhorings bevraagteken

Oorsprong van renosterhorings bevraagteken

Vier Chinese dalk Donderdag gevonnis
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die staat gaan eerskomende Donderdag nóg twee getuies ter strafverswaring roep om te bewys dat die renosterhorings wat die vier Chinese mans uit Namibië probeer smokkel het, van Namibiese oorsprong is.
Die vier Chinese, Li Xiaoliang, Li Zhibing, Pu Xeuxin en Wang Hui, wat skuldig bevind is aan die besit en poging tot uitvoer van 14 renosterhorings en ’n gebreide luiperdvel, se regsverteenwoordiger, mnr. Orben Sibeya, het Vrydag in die Windhoekse streekhof bevraagteken of hierdie spesiaal beskermde wildprodukte wel van Namibiese oorsprong is.
Mnr. Colgar Sikopo, direkteur van wildlewe en parke in die ministerie van die omgewing en toerisme, het ter strafverswaring getuig en gesê altesaam 201 renosters is sedert 2012 in Namibië gestroop wat ernstige omgewings- en ekonomiese gevolge vir die land inhou.
“Sowat 10% van die land se renosters is die afgelope tien jaar in Namibië gestroop en as dit teen dieselfde trant voortduur, gaan ons in 2026 geen renosters meer oorhê nie,” het Sikopo gemaan.
Hy het skokkende statistieke verstrek met twee renosters wat in 2012 gestroop is, vier in 2013, 24 in 2014, 127 verlede jaar en vanaf Januarie tot September vanjaar 43.
“Dit bring die getal renosters wat die afgelope tien jaar gestroop is op 201 te staan. Uit die 201 gestroopte renosters is 148 swart- en 17 witrenosters. Van die 148 swartrenosters, is 137 in die Etosha Nasionale Park gestroop, 40 in bewaringsgebiede en toerismekonsessies en sewe op kommersiële plase. Altesaam 11 witrenosters is in Etosha gestroop en ses op private grond,” het Sikopo getuig.
Wat die nagevolge van renosterstropery is, het Sikopo gesê die meeste renosters wat in Etosha gestroop is, het by watergate plaasgevind waar ­toeriste renosters kan sien.
Hy het getuig in die Uukwaluudhi-bewaringsgebied is drie renosters gestroop en daar is besluit om die oorblywende renosters uit dié bewaringsgebied te verwyder.
“Die aanloklikheid van die lodge in dié bewaringsgebied vir toeriste was renosters. Dit beteken dat daar nie meer ’n inkomste vir die gemeenskap van die bewaringsgebied is ­nie en hulle hul werkgeleenthede ook verloor,” het Sikopo gesê.
Hy meen die 82 bewaringsgebiede het verlede jaar ’n gesamentlike inkomste van N$80 miljoen gehad, terwyl die verliese per renoster N$1,4 miljoen is as dit aan die geldwaarde van trofeejag gemeet word.

RENOSTERVERLIESE IS N$281 MILJOEN
“Die verlies van die 201 gestroopte renosters is gelyk aan N$281 miljoen en dit sluit nie die ander ekonomiese waarde vir fotografiese toerisme in nie.”
Sikopo het getuig die regulasies teen stropery vereis groot uitgawes. “Patrollies op die grond kos N$10 mijoen per maand om wildlewe in hierdie gebiede te beskerm. Om 352 renosters te onthoorn, het N$10 miljoen gekos en ­lugpatrollies beloop N$40 miljoen.”
Hy meen hierdie uitgawes vir wildbeskerming kon vir infrastruktuur of droogtehulp aangewend word.
Sibyea het gevra waar en wanneer 2014 se renosters gestroop is toe die twee Li’s en Pu op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met 14 renosterhorings en ’n ­luiperdvel in hul twee tasse betrap is. Sikopo het getuig dat die oorsprong van horings deur middel van DNS-toetse binne en buite die land bepaal word.
Staatsaanklaer mnr. Simba Nduna het gesê hy wil geen wanopvatting in die hof oor die oorsprong van die renosterhorings hê nie.
“Ons het bewyse dat sommige van die horings van Namibië kom,” en versoek dat die staat nóg twee getuies Donderdag roep om dit te staaf.
Landdros Alexis Diergaardt het die versoek aanvaar en sal die skuldiges moontlik Donderdag vonnis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!