Ontwikkelingsbrigade spook nog voort
Ontwikkelingsbrigade spook nog voort

Ontwikkelingsbrigade spook nog voort

Nuwe ­wetgewing moet onderneming sluit
Ronelle Rademeyer
Augetto Graig

Die destydse Development Brigade Corporation (DBC) bestaan steeds as entiteit ondanks die feit dat die onderneming reeds meer as ’n dekade gelede gesluit moes gewees het.
Miljoene dollar is afgeskryf en die DBC word deur ’n waarnemende direksie bedryf wat oor geen wetlike mandaat beskik nie.
Die werksaamhede van die DBC was Donderdag onder die vergrootglas van die vaste komitee vir openbare rekeninge nadat die ouditeur-­generaal, mnr. Junias Kandjeke, in Desember opnuut verskeie gebreke in die finansiële state van hierdie staatsonder­neming uitgewys het.
In sy verslag vir die jare van 2005 tot 2013, gebaseer op ’n oudit wat PKF Namibia vir sy kantoor gedoen het, wys Kandjeke op die gebrek aan ­gekonsolideerde statae vir DBC se filiale Namibia Brick Enterprises en Star Protection Services. Bates ter waarde van meer as N$20,5 miljoen is nie van die 2004-balansstaat oorgedra nie en daar was fout met baie van die syfers.
Die filiale M & N Developments, Namibia Pioneer Engineering en Patriot Construction Company verskyn glad nie in die state nie, hoewel al vyf filiale in die vorige finansiële verslag altesaam meer as N$14,2 miljoen werd was. Boonop het die DBC nie finansiële state aan die ouditeur-generaal of die minister oorhandig soos die wet bepaal nie.
Mnr. Mike Kavekotora, voorsitter van die komitee, moes lank wag om van die DBC se waarnemende­ direksie­voorsitter, mnr. Munu Kuyo­nisa, te hoor waarom die DBC steeds bestaan nadat hy en sy span in 2001 reeds aangestel is om die onder­neming te sluit. Hoewel die laaste bates in 2013 aan die Nasionale Jeugdiens oorhandig is, moet die parlement nuwe wetgewing aanvaar om die DBC finaal toe te maak, het Kuyo­nisa uiteindelik verduidelik.
Die DBC het steeds ’n bankrekening wat rente verdien. Kuyonisa wou nie sê hoeveel geld in die rekening is nie, maar Kandjeke se verslag dui op ’n bedrag van meer as N$5 miljoen.
Die meeste DBC-filiale is aan die ministerie vir veteranesake oorhandig as lopende ondernemings, insluitende hul hoenderbesigheid, Namibia Brick Enterprises en Star Protection­ Services. Die DBC se landbou-­afdeling­ en sy eiendom op Berg Aukas is aan die Nasionale Jeugdiens oorhandig.
Volgens die DBC se ­finansiële ­konsultant, mnr. André Smith, kon bates nie gelys word nie omdat geen rekords bestaan het nie.
“Geen formele bestuur het by die besighede bestaan nie, en die vorige raad het niks aan die waarnemende direksie oorhandig nie. Daar was niks om te oorhandig nie. Daar was net niks nie,” het hy gesê.
Kuyonisa het bygevoeg dat die 2004-balansstaat lankal ’n brandpunt was. “Toe ons die opdrag kry, het ons die ouditeur-generaal genader vir bewyse van die bedrae in die vorige balansstaat, en hulle het ons na die vorige ouditeure, BDO, verwys, maar hulle het ook niks gehad nie. Ons was huiwerig om die bedrae oor te dra sonder die bewyse omdat iemand ons eendag sou vra waar die bates is. Ons het toe self die besighede besoek, opnames gedoen, en die nuwe balanse ingevoeg,” het hy gesê.
Tog is daar geen bewyse daarvan in Kandjeke se nuutste verslag nie. Smith het gesê hy kan die komitee van bewyse verskaf.
“Regsgesproke dink ek nie ons was die regte span vir die taak nie. Die wet maak geen voorsiening vir ’n waarnemende direksie nie,” het Kuyonisa aan die komitee gesê.
Hierdie regsmening is in 2005 deur staatsprokureurs verskaf, maar volgens Kuyonisa het die destydse eerste minister, mnr. Nahas Angula, die direksie beopdrag om voort te gaan tot verdere kennis. Geen kennis­gewing is daarna ontvang nie.
Kavekotora het gevra dat alle uitstaande bewyse aan die komitee verskaf word. Die komitee sal getuies herroep sodra dit gedoen is.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%