Onderwysers stem vir staking

95,1% sê ja
Augetto Graig
Augetto Graig – Onderwysers landwyd het oorweldigend gestem om te staak tensy die regering aan hul eis om ''n 8%-verhoging voldoen. Meer as 95%, oftewel 19 473 onderwysers en verwante personeel, het gestem om te staak.
Die volgende stap vir die vakbond is om môre met die regering se onderhandelingspan te vergader om op die reëls vir die staking te besluit. Daarna sal die begindatum van die staking aangekondig word.
Die president van die Namibiese Nasionale Onderwysersunie (Nantu), mnr. Simeon Kavila, het gister die uitslag van die stemproses aangekondig waarin 20 473 uit 29 118 onderwysers wat in aanmerking kom om deel te neem, gestem het. Van die 70,3% onderwysers wat gestem het, was daar 42 of 0,2% bedorwe stemme, terwyl 958 (4,7%) gestem het om nie te staak nie.
“Dié uitslae wys dat Nantu volgens die mandaat van die onderwysers optree en dat ons nie moet twyfel of struikel in die soektog nie,” het Kavila gesê. “Dit is ''n duidelike bewys van hoe ons mense oor hul diensvoorwaardes voel,” het hy gesê.
Kavila het ook die ministers en staatsamptenare, spesifiek die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, beskuldig van intimidasie om die uitslag tydens die stemproses te probeer beïnvloed. “Ons veroordeel die staatsamptenare wat ons lede dreig. Dié intimidasie moet onmiddellik stop,” sê hy.
“Ons wil die ministerie en hoë rang amptenare herinner dat onderwysers ook regte het. Die pogings om die eindresultaat te beïnvloed, het ernstige gevolge met betrekking tot die arbeidswet en -verhoudinge in die land, weens die presedent wat geskep is en wat ander werkgewers mag volg; naamlik dat dit aanvaarbaar is om in te meng met deurlopende geskilbeslegtingsprosesse,” het hy gesê.
“Die regering is nie bo die wet verhewe nie. Dit is ’n werkgewer net soos ander in die land,” het Kavila gesê.
Hy het spesifiek vir Hanse-Himarwa uitgesonder oor haar woorde aan onderwysers aan wie sy gesê het hulle word mislei en tree onpatrioties op. “Dit is onbetaamlik vir ''n minister wat professioneel moet optree en dit is ''n belediging vir die intelligensie van opvoeders,” sê hy.

VERGELYKING MET ANDER LANDE
Volgens die vakbondleier wys die minister se vergelyking van die vergoeding van Namibiese onderwysers met dié van Botswana en Suid-Afrika dat sy nie behoorlike navorsing gedoen het nie weens die verskillende toepaslike faktore. “Die minister moes ''n skakelrol tussen die vakbond en die regering gespeel het, maar was liewer die regering se woordvoerder wat onderwysers gedreig het,” sê Kavila.
“Teen dié agtergrond meen die leierskap van Nantu dat die onderwysers van die land geen vertroue in die minister het nie,” het hy gesê. Kavila het uitgebrei dat die minister nooit persoonlik met die vakbond se leierskap oor die verskil byeengekom het nie, en hulle met die indruk gelaat het dat sy nooit die diensvoorwaardes van onderwysers sal probeer verbeter nie.
Ten opsigte van vorige stellings dat die land tans ''n droogte ondergaan en werkloosheid bydra tot die onbekostigbaarheid van ''n verhoging vir onderwysers, sê Kavila dat die regering nie die kennis van onderwysers moet onderskat nie.
“''n Verhoging van 8% bly redelik en regverdigbaar met inflasie en lewenskoste in ag geneem. Dieselfde mense wat verwag onderwysers moet die ekonomiese situasie van die land verstaan, het vir hulself voordele van tussen N$2 520 en N$4 560 vir water en krag toegeken,” sê hy.
“Politici moes aan die kwessies van droogte en werkloosheid gedink het voor hulle hul eie voordele en salarisse verhoog het,” sê die vakbondleier.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%