Onderwysers moet u2018stem oor stakingu2019
Onderwysers moet u2018stem oor stakingu2019

Onderwysers moet ‘stem oor staking’

Landswye stemmery begin eerste dag van nuwe termyn
Augetto Graig
Augetto Graig - Alle onderwysers in die land sal moet stem vir óf 'n 5%-verhoging, óf 'n 8%-verhoging met ? meerderheidstem vir laasgenoemde wat sal lei tot '? nasionale staking by alle skole, sê die sekretaris-generaal van die Namibiese Onderwysersunie (Nantu), mnr. Basilius Haingura.
“Hulle moet weet waarvoor hulle stem en vir ons sê of dit 5% of 8% moet wees. As hulle 8% kies, is dit duidelik dat ons sal staak,” het hy gesê.
Met die aanbreek van die laaste termyn sal elke skool en ander toepaslike kantore as stemlokale dien en met die aantal skole in die land in ag geneem, kan dit tot twee weke neem vir die hele stemproses om afgehandel te word.
Haingura sê in geval nie net die 27 886 onderwysers nie, maar ook onderwysinspekteurs en ander beamptes deelneem, die stemme na verwagting meer as 32 000 kan beloop. “Onthou, ons het die eksklusiewe bedingingsmag met die regering en verteenwoording hier nie net Nantu-lede nie, maar alle onderwysbeamptes,” het hy gesê.
Die toepassing van die stembriefstelsel om die wil van Namibië se onderwysers te bepaal, volg ná meer as ? jaar se onderhandeling oor salarisverhogings. Nantu het aanvanklik 12% gevra en die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het 5% aangebied.
Maandag het die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, vir oulaas die saak probeer beredder deur ? versoeningsvergadering tussen die regering se onderhandelingspan en Nantu te hou in 'n poging om 'n ooreenkoms te bereik. Dit het egter misluk.
Daarna het sy Nantu-lede en die land se onderwysers in 'n verklaring gevra om die verhoging te aanvaar sodat “ons land die behoeftes van ander Namibiërs, van wie sommige meer ernstige sosioëkonomiese situasies in die gesig staar, kan nakom en ons almal saam in die gees van Harambee kan vorentoe beweeg sonder dat enige iemand agtergelaat word" .
Sy sê die land se ekonomiese vooruitsig is hersien ná negatiewe ontwikkelinge en ? swakker wêreldekonomie. “Die minder gunstige vooruitsigte van die Namibiese ekonomie en die verswakte fiskale posisie van die regering het gelei tot die afwaartse aanpassing van die openbare inkomste," het sy gesê.
Boonop beleef die land 'n droogte met 595 839 mense oftewel 28% van die bevolking, wat dit moeilik vind om te oorleef. In sommige streke staan die getal by 45%, sê Kuugongelwa-Amadhila.
Buiten die geld wat vir droogteverligting nodig is, moet die regering ook merkwaardige waterinfrastruktuur-opgraderings aanpak terwyl die kragvoorsieningsnetwerk van die land ook groot beleggings benodig.
“Al hierdie noodsaaklikhede ding mee om openbare hulpbronne wat aansienlik afgeneem het as gevolg van laer ekonomiese resultate as wat aanvanklik geprojekteer is,” sê sy.
Haingura is nogtans nie beïndruk nie en het gereageer deur te sê Nantu se eis " is regverdig omdat onderwysers ook onder die huidige omstandigheide ly en baie ander Namibiërs ondersteun" .
“Nietemin het Nantu met kommer opgelet hoe dieselfde kabinet nie die vordering van die ekonomie en die droogtesituasie in ag geneem het toe hulle hulself 'n 6%-verhoging en ander voorregte gegee het. Ons is verbaas dit raak ? kwessie as dit by staatsamptenare se eise kom,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!