Olimpiese swemmers van vliegtuig afgehaal
Brasilië
Twee Amerikaanse swemmers is Woensdagaand deur die Brasiliaanse owerheid van ’n vliegtuig gehaal. Olimpiese beamptes in Rio de Janeiro het bevestig dat die polisie skepties is oor die swemmers se bewering dat gewapende rowers hulle buite ’n klub beroof het.
Die saak het wêreldwyd opslae gemaak. Die wenner van die goue medalje, Ryan Lochte, sê nadat hulle ’n partytjie vroeg Sondagoggend verlaat het, is hy en drie ander Amerikaanse swemmers deur gewapende mans beroof wat hulle as polisielede voorgedoen het. Dit was ’n groot verleentheid vir Brasilië.
Die egtheid van die Amerikaners se weergawe word egter bevraagteken. Lochte se oorspronklike weergawe van die storie, dat die gewapende man “n vuurwapen teen sy voorkop gehou het”, het verander. Hy het later gesê “dit was in ons algemene rigting gerig”. - Netwerk24/The New York Times

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie