O.17’s en RSA neem voortou in groep
Die Namibiese seuns het ’n puik vertoning in die openingsrondte van die 2016 Cosafabeker sokkertoernooi vir onder 17’s gelewer toe hulle Saterdag met 3-1 teen die gasheerspan Mauritius aan die wenkant was.
In die Stade Anjalay in Belle Vue Maurel het die Namibiërs glo indrukwekkend gelyk ondanks die feit dat hulle die wedstryd met net tien spelers voltooi het.
Die jongspan onder afrigterskap van Timo Tjongarero het binne net vyf minute die voortou geneem toe die opwindende Eldery Morgan op sy pos was om ná ’n geskarrel in die doelgebied die doelnet te tref.
Ondanks kanse aan beide kante kon geeneen van die twee spanne ’n doel in die res van die eerste helfte behaal nie.
Mauritius het hul gelykmaker halfpad deur die tweede helfte gekry toe Neehal Hurdoyal sommer direk van sy hoekskop af die kol getref het – tot groot frustrasie van die Namibiese doelwagter Josef Phillipus.
Dit het gelyk of sake in die tuisspan se guns kon swaai toe Stanley Ndjavera ’n tweede geel kaart gekry het en Namibië dus vir die res van die wedstryd net met tien spelers moes klaarkom.
Binne drie minute was Namibië egter die voorloper toe Rivaldo Laksman verby drie verdedigers gedribbel het om die bal teen die doelnet te bêre.
Die oorwinning is verder veilig gemaak toe Abram Tjahikika vyf minute voor die einde die derde doel vanaf Immanuel Isaya se dwarsskop afgerond het.
• In Saterdag se later wedstryd op dieselfde veld het Suid-Afrika drie ligapunte ingepalm met ’n welverdiende oorwinning van 1-0 teen Seychelle.
Suid-Afrika en Namibië (die voorloper met doelverskil) het met dié uitslae beheer oor groep A oorgeneem.
Die SA o.17’s het genoeg kanse geskep om verder te kon gewen het, maar kon nie weer die teiken tref nie en moes tevrede wees met Siphamandla Ntuli se wendoel vanaf ’n dwarsskop in die 36ste minuut.
Suid-Afrika en Namibië takel mekaar juis vandag, voor die later wedstryd tussen Seychelle en Mauritius.
Saterdag se twee wedstryde moes beide verskuif word omdat die bestemde veld deurdrenk van water was.
• Die uitslae van groep B gister: Kenia wen met 2-1 teen Madagaskar; Zambië wen met 3-0 teen Malawi.
Die uitslae van groep B Vrydag: Zambië klop Kenia met 4-0; Malawi wen met 2-1 teen Madagaskar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie