NV hervat sitting vandag
NV hervat sitting vandag

NV hervat sitting vandag

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Die Nasionale Vergadering (NV) hervat vandag sy werksaamhede ná die winterreses.
Van die wetsontwerpe wat in die sitting ter tafel gelê sal word, is die wysigingswetsontwerp op langtermynversekering; die wysigingswetsontwerp op korttermynversekering; die wysigingswetsontwerp op mediese fondse en die wysigingswetsontwerp op die beheer van effektetrusts.
Tydens die derde sessie van die NV wat vanaf 9 Febuarie tot 28 Julie geduur het, het die Huis onder meer die wetsontwerp op die nasionale begroting; die wysigingswetsontwerp op die president se vergoeding en ander voordele; die wysigingswetsontwerp op kredietooreenkomste; die wetsontwerp op sake- en intellektuele eiendom; die wetsontwerp op die bevordering van Namibiese beleggings en die wysigingswetsontwerp op die teenkorrupsiekommissie aanvaar.
Hierdie wetsontwerpe is deur die Nasionale Raad (NR) aanvaar, deur die president onderteken en in die Staatskoerant gepubliseer.
Die NV het ook in die vorige sessie die wysigingswetsontwerp op burgerskap en die wysigingswetsontwerp op drank aanvaar en na die NR verwys. Die NR het die wysigingswetsontwerp op burgerskap verwerp en die gewysigde drankwet na ’n parlementêre portefeuljekomitee verwys vir verdere beraadslaging. Die komitee sal vanaf 16 September openbare verhore oor die inhoud van die wetsontwerp hou om die publiek en belanghebbendes se menings hieroor in te win.
Die NV sal nou weer oorweging aan die wysigingswetsontwerp op burgerskap moet skenk, indien die minister van binnelandse sake en immigrasie en die prokureur-generaal dit nie terugtrek nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!