Nuwe wending kom in grondbelastingsage
Nuwe wending kom in grondbelastingsage

Nuwe wending kom in grondbelastingsage

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Terwyl die waardasiehof vir grondeienaars tussen 1 Augustus en 19 September voortgaan, sal ’n aansoek in die hoërhof terselfdertyd aangehoor word wat, indien dit slaag, die hele proses ter syde kan stel.
Dit volg nadat regter Shafimane Ueitele op die vooraand van die waar­dasiehofsittings, wat op Maandag 1 Augustus op Grootfontein moet begin, ’n bevel in die hoërhof uitgereik het dat die verhoor van verskeie hofsake tussen grondeienaars en die regering oor grondbelasting saamgevoeg moet word.
Die gekonsolideerde saak sal gevolglik op 1 en 2 September deur ’n volbank regters in die hoërhof aangehoor word. Die regters wat die betrokke sal wees, is Ueitele asook Thomas Masuku.
Dit volg nadat ’n ooreenkoms bereik is tussen Constitution Watch, wat die Kambazembi Gasteplaas verteenwoordig, asook die respondente wat uit die ministeries van landbou, water en bosbou, finansies, die grondhervorming se advieskomitee, die kommissaris van binnelandse inkomste en die aanklaer-generaal van Namibië bestaan.
Constitution Watch se regs­verteenwoordiger, mnr. Charlie Bodenstein, het gesê nadat regter Collins Parker Kambazembi Gasteplaas se dringende­ aansoek van 23 Junie in die hoërhof van die hand gewys het, is die applikante en respondente afsonderlik deur regters van die hoërhof ingeroep, wat voorgestel het dat die partye se ses onder­skeie hofaansoeke saamgevoeg word.
Daarna het die grondeienaars met die staat onderhandel om aan die regters se voorstel te voldoen. Constitution Watch het onderneem om ’n hangende appèlsaak voor die hooggeregshof te onttrek en nie voort te gaan met aansoek A160 van 2016 nie – waarin onder meer gevra word dat die ministerie van grondhervorming verbied word om grondbelasting te eis tot tyd en wyl uitspraak in verskeie ander hangende sake gelewer word.
Ondanks Constitution Watch se versoek, wou die staat nie instem om die waardasiehofsitting asook die betaling van grondbelasting op 29 Julie 2016 op te skort nie. Dus sal waar­dasiehofsittings voortgaan soos beplan.

SAKE SAAMGEVOEG
Die sake wat dan saamgevoeg word, sluit in ’n aansoek van 2013, waarin die applikant sekere voorsienings van die wet teenstrydig met die Grondwet wil verklaar asook ’n aansoek van 2015 waarin die applikant wil hê die grondwaardasie van die 2013-’14-boekjaar moet hersien en tersyde gestel word.
In nog ’n aansoek van 2016 wat gekonsolideer sal word, word dieselfde in verband met 2015-’16 se grondwaardasie gevra.
Die derde saak wat gekonsolideer word kom ook van 2015, waarin die applikant beweer wat die 2014-’15-grondwaardasies betref, is teenstrydig met sekere regulasies in die wet opgetree. In saak A234 van 2015 vra die applikant dat sekere wetswysigings deur die re­gering in die hof nietig verklaar moet word en in die laaste saak moet uitspraak op die meriete van ’n saak gelewer word. Dit is dieselfde saak wat Parker onlangs gesê het is nie dringend nie.
Bodenstein sê dit beteken egter nie dat die meriete van dié saak nie geldig is nie.
“Die uitspraak was slegs oor die aspek van dringendheid en nie oor die meriete van die aansoek nie, naamlik of die huidige waardasiehof ongeldig is al dan nie. Die meriete moet nog aangehoor word en dit sal nou deel uitmaak van die gekonsolideerde saak wat op 1 en 2 September gesamentlik aangehoor word.”
Nadat die waardasiehofsitting op 1 Augustus op Grootfontein in die magistraatshof afgehandel is, sal dit op 8 Augustus op Gobabis begin. Daarna word dit op 15 Augustus op Mariental begin en ook ‘n sitting in die magistraatshowe op Keetmanshoop, Outjo, Otjiwarongo, Omaruru en ten laaste in Windhoek hê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.17/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.43/lb UP +0.60% | Zinc US$ 2 818.40/T UP 0.59% | Brent Crude Oil US$ 87.91/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 903.72/OZ DOWN -0.0068