Nuwe Britse minister vir Afrika aangestel
Nuwe Britse minister vir Afrika aangestel

Nuwe Britse minister vir Afrika aangestel

Estelle de Bruyn
Mnr. Tobias Ellwood is aangestel as die nuwe minister belas met Afrika in die Verenigde Koninkryk se kantoor vir buitelandse en statebondsaan­geleenthede.
Ná sy aanstelling het Ellwood gesê hy is geëer met die aanstelling en sien uit om die verantwoordelikheid vir Brittanje se werk in Afrika te aanvaar.
“Die ekonomiese potensiaal van Afrika is groot met een derde van alle Afrika-ekonomieë wat vanjaar na verwagting met vyf persent of meer sal groei. Met ons diplomatieke­ netwerk in 36 lande, 19 kantore van die Britse Raad en 16 sogenaamde DFID-kantore, is Brittanje goed geposisio­neer om met Afrika saam te werk om hierdie ekonomiese potensiaal vir vooruitstrewendheid te ontwikkel.
“Gegewe dat een in elke drie mense in Afrika tussen die ouderdom van 10 en 24 jaar oud is, is dit belangrik om te verseker­ dat hulle hoop vir die toekoms het.
“Ten einde Afrika-ekonomieë ’n hupstoot te gee, is dit ook belangrik om stabiliteit en veiligheid in die vasteland, en in die besonder in Oos-Afrika, te verbeter.
“Ons wil voortgaan om met die Afrika-unie, en deur middel van ons rol op die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies, aan hierdie belangrike kwessies te werk,” het Ellwood gesê.
Hy het die voorbeeld van Brittanje se samewerking met Frankryk en Amerika in die stryd teen Boko Haram in Nigerië, die hantering van die Ebola-­uitbreking en bystand met veiligheid in Somalië genoem.
“Die Verenigde Konink­ryk het sterk bande met Afrika en ek wil verseker dat die mense van Afrika weet dat die internasionale samewerking en ons betrokkenheid op die vaste­land sal voortgaan, al is Brittanje buite die Europese Unie,” het Ellwood gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!