NR verwerp wet op burgerskap eenparig
NR verwerp wet op burgerskap eenparig

NR verwerp wet op burgerskap eenparig

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die Nasionale Raad (NR) het gister­oggend die wysigingswets­­ontwerp op burgerskap in sy totaliteit eenparig verwerp omdat dit ongrondwetlik is.
Die wetsontwerp sal weer voor die Nasionale Vergadering (NV) moet dien.
Dit volg nadat ’n portefeuljekomitee van die NR verlede Vrydag ’n open­bare verhoor gehou het waar uitgelese regslui bydraes oor die grondwetlikheid van die wysigingwetsontwerp gelewer het.
Tydens gister se sitting van die NR het die voorsitter van die komitee, mnr. Cletius Sipapela, gesê die NR het tydens beraadslaging oor die wetsontwerp vrae oor die grondwetlikheid daarvan gehad. Om dié rede is die openbare bespreking gehou.

Uitsonderings
Die komitee is oortuig dat die grondwetskrywers dit baie duidelik gemaak het dat kinders wat in Namibië gebore word wie se ouers “gewone inwoners” van Namibië is, op burgerskap geregtig is. Die uitsondering is kinders wie se ouers diplomatieke immuniteit geniet; kinders van loopbaanverteenwoordigers van ander lande; kinders van lede van enige polisie-, weermag- of veiligheidseenheid wat van ’n ander land aan Namibië ge­sekondeer is vir diens; en kinders van onwettige immigrante.

Grondwet is opperwet
Die komitee het ook die beginsel aanvaar dat die hooggeregshof die opperregsprekende gesag in die land is en die mandaat het om die Grondwet­ te vertolk. Gevolglik kan die parlement nie ’n vertolking van die Grondwet deur die hooggeregshof omverwerp nie. Slegs in gevalle waar grondwetlike beginsels nie ter sake is nie, kan die parlement wette uitvaardig om hofbevele te verander.
“’n Aantal van ons burgers het Namibië verlaat en woon nou in ander lande soos Amerika en Brittanje. Hul kinders wat daar gebore is, geniet nou burgerskap van daardie lande. Namibië kan nie ’n eiland wees nie,” het Sipapela gesê.

Wetsontwerp wil burgerskap ontneem
“Die wysigingswetsontwerp is daarop gemik om Namibiese burgers van hul burgerskap te ontneem. Artikel 4 (1)(d) (van die Grondwet) bepaal dat mense wat ná onafhanklikwording in Namibië gebore word van ouers wat nie Namibiese burgerskap het nie, maar normaalweg in Namibië woon, Namibiese burgers deur middel van geboorte sal wees, met ander woorde hulle het reeds burgerskap verwerf. Indien die wetsontwerp van krag word, sal dit hierdie burgerskap wegneem. Dit is strydig met die duidelike en ondubbelsinnige bepalings van Artikel 4 (8). Aangesien die wetsontwerp nie ooreenstem met hierdie artikel nie, is die wetsontwerp ongrondwetlik. Gevolglik kan die wetsontwerp nie deur die NR aanvaar word nie,” het Sipapela gesê.
Hy het ook daarop gewys dat die besluit van die komitee geensins deur Dinsdag se kabinetsbesluit oor dieselfde kwessie beïnvloed is nie en het die versekering gegee dat dit onafhanklik en eenparig geneem is.
Hierna het die voorsitter van die NR, me. Margeret Mensah-Williams, die mosie oor die wetsontwerp tot stemming gebring. Die NR het die wetsontwerp eenparig op grond van dié beginsel verwerp.

NV sal nou weer moet besin
Mensah-Williams het hierna Artikel 75 (5) (b) van die Grondwet voorgelees. Dit bepaal dat indien die NR teen die beginsel van ’n wetsontwerp beswaar maak, dit na die NV verwys word wat die beginsel moet heroorweeg. Indien twee-derdes van die NV-lede die beginsel herbevestig, is die beginsel van die wetsontwerp nie meer ’n kwessie nie. Indien ’n tweederdemeerderheid egter nie behaal word nie, verval die wetsontwerp.
Kabinet gryp in
Dinsdagaand het die minister van ­inligting en kommunikasietegno­logie, mnr. Tjekero Tweya, tydens ’n mediakonferensie bekend gemaak dat die kabinet besluit het die re­gering sal voldoen aan die beslissing van die hooggeregshof en dat die ministerie van binnelandse sake en immigrasie­ ’n geboortesertifikaat sal uitreik aan die seun van Nederlandse ouers, Bram Cornelius de Wilde, wat op 27 Oktober 2009 in Namibië gebore is. Die ­sperdatum vir die uitreiking is vandag.
“Die regering respekteer die Namibiese grondwet as opperwet van die land en, binne die raamwerk van die Grondwet, sal die regering voortgaan om met die aangeleentheid gemoeid te wees, die situasie moniteer en, indien nodig, wyd konsulteer met die oog daarop om ’n langtermynoplossing te vind om in die toekoms kwessies van hierdie aard te behartig,” lui die kabinetsverklaring.
Tweya het daarop gewys dat ander vertolkings van die Grondwet moont­lik later deur ander howe gemaak kan word. Hy het gevra dat mense ’n oop gemoed oor die aangeleentheid moet hê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.89 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.14/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.91/OZ DOWN -0.0077 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.89 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.14/OZ DOWN -0.0005 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.96/BBP DOWN -0.0042 | Platinum US$ 902.91/OZ DOWN -0.0077