Noord-Koreane kom kuier doekvoet
Noord-Koreane kom kuier doekvoet

Noord-Koreane kom kuier doekvoet

‘Diplomatieke’ sending na Afrika
Francoise Steynberg
Estelle de Bruyn - ’n Afvaardiging van Noord-Korea se Werkersparty het verlede week ’n diplomatieke besoek aan Namibië gebring sonder dat enige Namibiese media genooi is om die amptelike besoek te dek.
Volgens Suid-Koreaanse media was dit, volgens Pyongyang se staatsmedia, ’n “staatsbesoek”.
Ri Yong Ho, die voormalige Noord-Koreaanse minister van buitelandse sake, het die afvaardiging gelei. Hy is intussen as die adjunkhoof van die Werkersparty aangestel.
’n Suid-Koreaanse nuusagentskap, KCNA, het berig dat Ri Noord-Korea Donderdag verlaat het om die sewende byeenkoms van die MPLA se kongres in Angola by te woon.
Volgens KCNA het Ri, Kim Yong Nam en Choe Ryong uit Noord-Korea via Beijing gevlieg.
Sedert pres. Hage Geingob aan bewind gekom het, was een van die sterkste temas van sy presidensie “deursigtigheid”. Die media is na elke moontlike geleentheid genooi waar buitelandse en binnelandse sendings die staatshoof besoek het. Die vraag wat nou by kommentators opduik, is waarom hierdie besoek hoogs geheim was en geen media genooi is om nuusdekking daaraan te verleen nie.
Volgens KCNA probeer Noord-Korea nou uit isolasie breek deur ou, vriendskaplike betrekkinge met lande in Afrika te herbevestig.
Suid-Korea het op sy beurt be­trekkinge met lande soos Kuba, Uganda, Kambodja en Laos, lande met tradisionele bande aan Noord-Korea, versterk. Uganda het onlangs aangekondig dat militêre betrek­kinge met Noord-Korea verbreek word, nadat president Park Geun-hye van Suid-Korea en pres. Yoweri Museveni van Uganda in Mei vanjaar ’n oor­eenkoms in dié verband onderteken het.
KCNA berig dat Pyongyang sy tweede magtigste politikus, Choe Ryong Hae, gestuur het om die Brasiliaanse president tydens die Rio Olimpiese Spele te ontmoet, maar dat Brasiliaanse owerhede dit van die hand gewys het.
Namibië het by wyse van ’n mediaverklaring deur die permanente sekretaris van internasionale betrekkinge en samewerking aangekondig het dat Namibië ten volle gehoor sal gee aan Verenigde Nasies-resolusies rakende Noord-Korea. Dit is later bestempel as die beëindiging van “ekonomiese betrekkinge” wat bouwerk aan militêre instellings betref, maar bouwerk by die Suiderhof militêre basis gaan onverpoosd voort.
Navrae aan die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking oor hoe lank die Noord-Koreane nog in Namibia gaan bou aan militêre installasies in skending van VN-sanksies, bly onbeantwoord.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!