Nóg onwettige wapens ingehandig
Amnestieveldtog vorder goed
Grootfontein - Ongelisensieerde wapens is Maandag deur boere in die distrikte van Grootfontein, Otavi en Tsumeb aan die Namibiese polisie oorhandig.
Altesaam 1 396 rondtes ammunisie, ploftoestelle en ander wapentuig is ingedien. Volgens adjudant-offisier Maureen Mbeha is ammunisie vir onder meer ’n R1, R4 en ’n 308-rewolwer oorhandig.
Die hoof van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga, het op 18 Augustus ’n amnestietydperk van drie maande aangekondig waartydens onwettige wapens ingehandig kan word. Dit verval op 18 November.
Nampol se woordvoerder, hoof-inspekteur Kauna Shikwambi, het Sondag gesê goeie vordering in dié verband word in die Khomas-, //Kharase en Omusati-streek gemaak. Altesaam 443 vuurwapens is reeds ingehandig, te wete 424 gewere, 16 handwapens en 15 haelgewere, asook 118 ploftoestelle. Mnr. Willem Enslin, die voorsitter van die teenmisdaadforum in Otjozondjupa, het Maandag ’n beroep op die plaaslike gemeenskap gedoen om ongelisensieerde wapens aan die polisie te oorhandig. Mbeha het die versoek beaam. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie