Nu00f3g u2019n dorp in chaos
Nu00f3g u2019n dorp in chaos

Nóg ’n dorp in chaos

Wanorde in Okahandja-munisipaliteit se sake
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Groot besighede en private persone op Okahandja beweer dié dorp se munisipaliteit se sake is in wanorde. Nie net word watermeters verkeerd gelees en munisipale rekeninge te láát ontvang nie, maar stukkende watermeters word glo al vir jare nie herstel nie.
Gevolglik word na bewering al vir so lank as ’n dekade skattings van onder meer waterverbruik gemaak omdat stukkende meters nie herstel word nie, ten spyte daarvan dat inwoners dit glo al telkemale aangemeld het.
’n Groot fabriek op Okahandja se skakelbeampte sê hulle is bekommerd dat hul waterlesings reeds sedert 2011 verkeerd deur die munisipaliteit gelees word. Volgens hulle kon die munisipaliteit ’n veel groter inkomste verdien het, sou hulle net op basiese aspekte soos korrekte lesings gelet het.
“Ons het ’n nywerheidsmeter, wat reeds sedert die installasie daarvan in 2011 verkeerd gelees is. Soos ons verstaan, moet lesings op dié watermeter met tien gemaal word om te bepaal hoeveel water maandeliks gebruik word. Dit word nie gedoen nie.
“Ons het die saak in November 2011 by hulle aangemeld. Hulle het probeer om dit reg te maak, maar foutiewelik vir ons ’n baie groot rekening gestuur. Ons het dit nie betaal nie en navrae oor die groot rekening gedoen. Daarna het hulle weer begin om die rekening soos voorheen te bereken – sonder dat hierdie fout of vorige foute op ons rekening herstel is.”
Volgens die skakelbeampte lyk dit nie of die munisipaliteit beheer oor waterverbruik op Okahandja het nie. Terselfdertyd meen sy dat die munisipaliteit se boekhoustelsel in “chaos” is, veral as dit by die rekeninge vir elektrisiteit kom.
“Ons moet ons munisipale rekeninge reeds teen die 20ste van elke maand betaal. Ons het egter byvoorbeeld Juliemaand se munisipale rekening eers in die eerste week van Augustus ontvang. Dit is nie die eerste keer wat dit gebeur nie. Verskeie van ons navrae bly onbeantwoord en geen probleme word behoorlik uitgeklaar nie.”
Ten spyte van verskeie probeerslae en oproepe, het die Okahandja-munisipaliteit se uitvoerende hoof nie op Republikein se vrae gereageer nie. Haar sekretaresse het bevestig dat sy die vrae aan haar gestuur het.
Private inwoners kla dat watermeters, wat glo reeds vir so lank as sewe en tien jaar buite werking is, nooit herstel word nie en dat die munisipaliteit vir jare lank al net skattings van hul waterverbruik maak. “Hoe kan ons water bespaar as watermeters nie eens behoorlik werk nie?” het hulle gesê.
Intussen berig Nampa die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kandjoze, het onlangs tydens die ondertekening van ’n kragleweringsooreenkoms tussen Cenored en die Okahandja-munisipaliteit, gesê dat die boeke van die stadsraad ondersoek moet word.
Dit volg nadat die munisipaliteit glo bykans N$50 miljoen aan NamPower skuld. Cenored sal voorts by NamPower oorneem en die verspreiding van elektrisiteit na die dorp se inwoners behartig.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!