NEEEF gáán kom

Gerine Hoff
Catherine Sasman - Sentimente dat die voorgestelde Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEF) nie die regte manier is om ongelykhede weens diskriminerende wette en gebruike te takel nie, sal geensins oorweeg word nie; die wet gaan kom, of dit “teenstrydig” met die Namibiese grondwet is of nie.
Daar is ook druk om die handves reeds teen September by die parlement in te dien nadat die laaste reeks openbare raadplegende vergaderings in Augustus eindig.
Dít was die ondubbelsinnige bood­skap van die kantoor van die eerste minister asook die Regshervorming- en Ontwikkelingskommissie (LRDC) tydens die openbare besprekings wat gister in Windhoek begin het.
“Ons kan nie langer ’n bematigingswet vertraag 26 jaar ná onafhanklikheid nie,” het die permanente sekretaris in die kantoor van die eerste minister, mnr. Andrew Ndishishi, gesê en bygevoeg: “Alle besighede sal daaraan moet voldoen, of jy met die regering sake doen of nie.”
Hy is deur die voorsitter van die LRDC, me. Yvonne Dauseb, ondersteun, wat gesê het die wet sal uitgevaardig word.
“Ons neem kommentaar van die publiek ernstig op, maar dit beteken nie elke aanmerking sal in ag geneem word nie. Die voorgestelde wet is nie daar om iemand te benadeel nie, maar om almal vooruit te help in die gees van die Harambee-welvaart­plan,” het Dauseb gesê.

PRIVATE SEKTOR BEKOMMERD
Die private sektor meen egter hierdie nuwe wetgewing sal nie die beoogde effek hê om ’n regverdige samelewing te skep waar inkomste wat deur Namibiërs verdien word meer gelyk is nie, maar heel moontlik veral private sektor maatskappye in blanke besit tot die uiterste sal dwing.
In sy huidige vorm stel die handves voor dat private maatskappye in blanke besit “minstens” 25% of ’n persentasie wat deur ’n minister voorgestel word, aan ’n voorheen benadeelde persoon (PDP) verkoop word.
Nog ’n vereiste is dat 50% van sulke maatskappye se bestuur uit PDP’s bestaan, of dat gelykstaande aan 0.5% van ’n maatskappy se bruto salarisse aan opleiding bestee word.
Opsionele vereistes is dat hierdie besighede entrepreneurskap-ontwikkeling en bemarking bekend stel, voldoen aan korporatiewe verantwoordelikheidsvereistes, en toe­gevoegde waarde byvoeg.
In die 120 geskrewe voorleggings wat aan die regering gerig is, is kommer oor die grondwetlikheid van die handves uitgespreek.
Hoewel artikel 23(2) “voorsiening maak vir wetgewing wat onregte van die verlede regstel”, was daar ook voorleggings gemaak dat artikel 16 en 21 onder meer die reg om eiendom te besit en die reg op assosiasie waarborg.
Dauseb het gesê daar is “geen voorneme” om in konflik met die Namibiese grondwet te wees nie, maar het bygevoeg die LRDC sou die wetlike mening van die prokureur-generaal inwin oor of die handves gepromulgeer kan word “as ’n regverdigbare oortreding” van die land se grondwet.
“Dit beteken nie die handves is ongrondwetlik as dit teenstrydig met die grondwet is nie,” het Dauseb gesê, en bygevoeg dat die regte in die grondwet “beperk kan word”.
Mnr. Eben de Klerk van ISG Risk Services CC meen egter die re­gering is verplig om toe te sien dat geen wet teenstrydig met die Namibiese grondwet is nie.
Mnr. Michael Chivala van Zimolimwe Investments stel voor die handves kan op een lyn met die grondwet wees sou die vereiste rakende eienaarskap nie verpligtend nie, maar opsioneel is.
Die handves definieer PDP’s as mense wat “volgens ras benadeel is”, vroue en mense met gestremdhede.
’n Lid van die gehoor wou egter weet of diegene wat ná onafhanklikheid gebore is, tegnies as ’n PDP of volgens ras benadeel beskryf kan word, aangesien die grondwet gelykheid voor die gereg waarborg. Nog iemand wou weet of Chinese as PDP’s geag kan word.
Die handves maak voorsiening vir die vestiging van ’n ekonomiese bemagtigingskommissie wat “na­koming” van hierdie wetgewing bevorder.

telkaart
Hierdie kommissie moet ’n telkaart ontwikkel wat Dauseb meen “meer gewig kan verleen aan mense wat meer benadeel is” as ander.
Die uitvoerende direkteur van Women Action for Development (WAD), mnr. Salatiel Shinedima, het voorgestel PDP’s moet nie tot individue beperk word nie, maar eerder as benadeelde gemeenskappe geag moet word.
Hy het bygevoeg dat ’n PDP nie geag kan word as ’n benadeelde van kolonialisme nie, maar eerder as ’n huidige benadeelde, aangesien die land se hulpbronne tans “slegs rondom sekere individue sirkuleer”.
’n Ander mening was die voor­gestelde wetgewing sou “nuwe PDP’s” skep en het gesê in die toekoms sou geen blanke besigheidseienaar dieselfde regte as swart mense hê nie.
“Dit mag ’n nuwe geslag van ’n be­nadeelde groep skep,” het die persoon gesê.
Ander menings was dat die implementering van vaardighede ontwikkeling en opleiding van benadeelde gemeenskappe meer gewig moet dra, eerder as die wetlike vereiste van eie­naarskap en bestuur.
Ander kwelpunte was wat die effek van die handves op eenmansake en ander private eiendomsregte sou hê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%