NEEEB 'is nie rassisties'
Catherine Sasman – Die voorsitter van die Regshervorming en Ontwikkelingskommissie (LRDC), me. Yvonne Dausab, het gister ontken dat die Nuwe Raamwerk vir Gelyke Ekonomiese Bemagtiging (NEEEB) rassisties is en gesê daar word in die Namibiese grondwet voorsiening gemaak vir “komponente van regstellende aksie”.
Artikel 23 (2) van die Grondwet bepaal dat die Parlement wetgewing kan verorden wat direk of indirek voorsiening maak vir die bevordering van persone in die land wat maatskaplik, ekonomies of opvoedkundig benadeel is deur diskriminerende wetgewing of gebruike van die verlede, of vir die implementering van beleide en programme wat daarop gemik is om sulke wanbalanse reg te stel.
Dit bepaal voorts dat ’n gebalanseerde strukturering van die staatsdiens, polisiemag, weermag en gevangenisdiens bereik moet word.
Dausab het egter erken daar is “potensieel ongrondwetlike” bepalings in die wetsontwerp rakende die hantering van die reg om eiendomsbesit, die reg van assosiasie en die reg om enige besigheid te bestuur of handel te dryf.
Sy het beklemtoon dat die LRDC nie ongrondwetlike wetgewing sou voorstel nie, en gesê sy is voorheen verkeerdelik aangehaal dat die wetsontwerp nie ongrondwetlik is indien dit teenstrydig is met die land se Grondwet nie. Wat sy eintlik bedoel het, is dat nie alles wat teenstrydig is met die Grondwet ongrondwetlik is nie.
Konsultasies met belanghebbendes oor die wetsontwerp in die Khomasstreek het gister voortgegaan, waar gesê is die voorgestelde wetgewing in sy huidige vorm is teen die grein van die Harambee-welvaartsplan (HPP).
Mnr. Brian Black, wat menings namens die Namibiese Vervaardigersvereniging (NMA) oorgedra het, het gesê die wetsontwerp “stuit” HPP aangesien dit ’n kultuur van aalmoese en die gevoel dat iemand jou iets skuld bevorder, terwyl dit vrees aanwakker en potensiële beleggers afskrik.
Hy het gesê meer tyd vir deeglike oorweging oor die inhoud van die wetsontwerp is nodig. “Dit moenie in mense se keel afgedruk word nie. Ons moet as een nasie agter HPP staan,” het Black gesê.
Ander kommentaar was dat problematiese kwessies binne die raamwerk eers uitgestryk moet word voordat ’n wet gemaak kan word.
Gefrustreerde besigheidseienaars meen die proses is nie deursigtig nie, omdat hulle nie alle inligting ontvang het rakende die wetsontwerp nie, en dat vroeëre voorleggings daaroor nie in ag geneem is nie.
Daar is ook daarop gewys dat ’n ekonomiese ontleding en meer navorsing nodig is, onder meer oor waar die ware ekonomiese eienaarskap in Namibië lê.
Bykans alle deelnemers in gister se konsultasies was van mening dat die eienaarskap en bestuursvereistes vrywillig eerder as verpligtend moet wees, soos in die huidige wetsontwerp bepaal word.
Hierdie verpligte bepalings veroorsaak ongemak en omstredenheid onder maatskappye in wit besit, wat wil weet hoe ’n regverdige waarde vir die aankoop van aandele in hul maatskappye bepaal en gefinansier sal word.
Die wetsontwerp stel ’n minimum vereiste voor dat private maatskappye in wit besit, minstens 25% of ’n persentasie soos deur ’n minister bepaal, aan voorheen benadeelde mense (PDPs) verkoop word.
Nog ’n verpligte vereiste is dat 50 % van sulke maatskappye se bestuur uit PDPs moet bestaan en dat gelykstaande aan 0,5% van ’n maatskappy se bruto lone aan opleiding bestee word.
Opsionele vereistes is dat besighede entrepreneurskap ontwikkeling en bemarking aanbied, voldoen aan korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheidsvereistes en waarde toevoeg deur middel van tegnologie en vernuwing.
Die veteraanprokureur, mnr. Andreas Vaatz, wou weet of hierdie verpligte vereistes ook van toepassing is op maatskappye in buitelandse besit.
Die besturende direkteur van RMB Namibië, mnr. Steve Gallaway, het voorgestel dat oorweging geskenk word aan die suksesvolle bemagtigingswette van Singapoer en Maleisië, asook suksesvolle voorbeelde in plaaslike mynbou- en finansiëledienstehandveste.
Galloway het gesê die wetsontwerp is voortydig en veroorsaak baie onsekerheid: “As dit nie pro-besigheid is nie, kan dit nie pro-groei wees nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie