Nasionale teenkorrupsieplan is hier
Nasionale teenkorrupsieplan is hier

Nasionale teenkorrupsieplan is hier

Nuwe bestuurskomitee word vandag voorgestel
Augetto Graig
Augetto Craig - Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) sal vandag sy nuwe strategie en aksieplan vir 2016 tot 2019 voorstel wanneer die Nasionale Teenkorrupsie-bestuurskomitee by Staatshuis bekend gestel word.
Die 21 komiteelede sal die permanente sekretarisse van al die ministeries insluit, asook verteenwoordigers van die kantore van die president, die eerste minister en die ouditeur-generaal, die polisie, die parlement, die ombudsman, die media ombudsman, die redakteursforum, NCCI, die Werkgewersfederasie, Bank of Namibia se finansiële inligtingsentrum, die jeugraad, die Namibiese Raad van Kerke, Nangof en die ACC.
Die sekretaris van die kabinet, mnr. George Simataa, lei die regering se poging om die nuwe plan toe te pas. Die direkteur-generaal van die ACC, mnr. Paulus Noa, sê in die voorwoord van die plan: “Die volle toepassing van die strategie sal vir Namibië baie voordele inhou, veral ten opsigte van beter openbare dienlewering, die voorkoming van korrupsie, ekonomiese groei en werkskepping. Kom ons werk saam om die volle toepassing hiervan te verseker.”
Die plan behels ses doelwitte, naamlik om politieke aanspreeklikheid te verhoog; korrupsie in die regering te vermy; uitgebreide opvoeding teen korrupsie aan te bied; korrupsie in die private sektor uit te roei; om burgerlike organisasies en die media te betrek; asook om pogings te versterk om korrupsie te voorkom.
Met betrekking tot politieke aanspreeklikheid sal jaarliks bepaal word of partye aan die grondwetlike vereistes voldoen en na-verkiesingsverslae sal onmiddellik uitgereik word. Die plan omvat ook die integriteit van staatsamptenare wat ''n eed van integriteit sal moet aflê.
Elke staatskantoor, ministerie en agentskap sal ook ''n interne integriteitskomitee moet aanstel wat verantwoordelik sal wees om die teenkorrupsieplan toe te pas, jaarlikse verslag te doen en hul kollegas help om hul persoonlike integriteit te behou. Opleiding hiervoor sal ook voorgeskryf word terwyl die bepaling van die kwesbaarheid vir korrupsie vir elke staatsentiteit uitgevoer sal word.
Toegang tot inligtingwetgewing en die verbetering van internetbaseerde regeringstelsels sal belangrik wees om data te verskaf deur openbare bronne toeganklik te maak. Staatsondernemings sal ook aan al die stappe moet voldoen.
Die plan vra ook vir die wysiging van die Teenkorrupsiewet van 2003 om verduistering in die private sektor in te sluit; die wysiging van die Strafproseswet van 1977 om korrupsie onder skedules een en twee in te sluit, en die wysiging van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad van 2004 om dit in ooreenstemming met die teenkorrupsiewet te bring.
In terme van opvoeding gaan die ACC teenkorrupsie as deel van die lewensvaardigheidsvakke op skool voorstel en vir onderwysers ook etiese opleiding gee.
In Noa se plan fokus ingrypings teen korrupsie in die private sektor op die visseryesektor en mynbou. Dit vra vir die hervorming van wetgewing om aan internasionale standaarde te voldoen; die ontwikkeling van deursigtige maniere van kwotatoekenning; spesifieke wetlike toegang tot inligting oor visserye en mynbou; asook ''n nasionale geskilbeslegtigingmeganisme vir dié twee sektore.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!