Nasa in Namibië se lugruim
Amerika se nasionale lugvaart- en ruimte-administrasie (Nasa) is tans besig met navorsing in die Namibiese lugruim. Die projek se hoofwetenskaplike, Jens Redemann, sê die data wat versamel word, sal nie slegs deur beleidmakers gebruik kan word nie, maar stel Nasa ook in staat om kapasiteit te bou. Op die foto klim die Nasa-vlieënier en wetenskaplike, Donald Broce, aan boord van ‘n ER-2 vliegtuig. Die vlugte duur gewoonlik agt ure voordat dit omstreeks 17:00 kom land. Die Nasa Oracles-projek hou verskeie voordele vir Namibië in omdat die wetenskaplike data wat ingevorder word, Namibië se aansien as een van die beste bestemmings ter wêreld om atmosferiese navorsing te doen, versterk. Foto Verskaf
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta (regs), tydens die amptelike opstyging van Nasa se ER-2 vliegtuig op Saterdag 10 September van Walvisbaai se lughawe. Nasa se waarnemingsending van mikroskopiese deeltjies bokant wolke en hul interaksie (Oracles) meet dié deeltjies se interaksie met wolke en hul vermoë om die planeet warmer of koeler te maak. Akademici en studente van Namibiese universiteite werk saam met Nasa-wetenskaplikes aan die projek. Alle data wat tydens die projek bekom word, sal aan Namibië beskikbaar gestel word. Shifeta is op die foto saam met die Nasa-vlieënier, Donald Broce, net voor hy opgestyg het. Foto Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie