Namibiu00ebrs veg vir IS
Namibiu00ebrs veg vir IS

Namibiërs veg vir IS

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Namibiërs veg vir die Islamitiese Staat-terreurgroep (IS) in Sirië en Irak.
Die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, het gister in die Nasionale­ Vergadering dié skokkende nuus onthul.
In sy motivering vir die bekrag­tiging van sekere internasionale konvensies, het Namoloh gesê terrorisme is ’n wêreldwye bedreiging en Afrika is geen uitsondering nie, met terreuraanvalle in Kenia, Somalië en Uganda en elders.
“Buitelandse terroristevegters, in die vorm van geradikaliseerde burgers van ander lande, het ’n groeiende globale bedreiging geword en mense van oor die hele wêreld, insluitende Afrika, sluit teen ’n kommerwekkende tempo by IS aan. Ja, daar is ook Namibiërs wat vir IS veg,” het Namoloh gesê.
IS het berugtheid verwerf vir die onthoofding van Christene en ’n uiters wreedaardige werkwyse wat die wêreld met afsku vervul.

Gebrekkige wetgewing
Wat Namibië betref, is die behoefte om terroriste-aktiwiteite te kriminaliseer reeds in 1999 geïdentifiseer aangesien die koloniale anti-terrorisme­wet herroep is en dit ’n gaping in die land se wetlike raamwerk gelaat het, het Namoloh in sy motivering gesê.
’n Gebrek aan toepaslike wet­gewing om terrorisme en geldwassery te bekamp, het tot 2014 meegebring dat Namibië op die sogenaamde “gryslys” van die internasionale Finansiële Aksie-­taakmag (FATF) was.
Dit het gevolg nadat FATF in 2010 ’n omvattende ondersoek gedoen het om vas te stel of Namibië aan al die internasionale bepalings voldoen.
Nadat die wyse waarop Namibië tekort geskied het in ’n geteikende ondersoek in 2011 aan die lig gekom het, het FATF nou saam met Namibië gewerk. Daar is bevind dat Namibië in gebreke is wat die nakoming van internasionale verpligtinge, standaarde en beste praktyke vir die bekamping van finansiering vir terrorisme en dade betref.
Die kabinet het toe ’n aksieplan goedgekeur waarin die ­tekortkominge geïdentifiseer is. Die plan is met welslae in werking gestel, wat meegebring het dat die FATF in Desember 2014 die groen lig gegee het en Namibië van die gryslys verwyder is.
Van die stappe wat Namibië gedoen het om aan die internasionale vereistes te voldoen, was om die Verenigde Nasies (VN) se internasionale konvensie op die onderdrukking van die finansiering van terrorisme op 26 April 2012 te bekragtig; wetgewing is in November 2012 geïmplementeer om terroriste-aktiwiteite en die finansiering daarvan te kriminaliseer en prosedures in te stel om terroriste se bates te vries en te konfiskeer.
Namibië moet nou verdere internasionale konvensies bekragtig ten einde volkome aan internasionele voorskrifte te voldoen. Die bekragting is tyd-sensitief omdat FATF eersdaags saam met Namibië weer die land se nakoming van internasio­nale konvensies hersien.
Volgens Namoloh is die meeste van die vereistes van die VN se inter­nasionale konvensie vir die onderdrukking van die finansiering van terrorisme reeds in plaaslike wetgewing vervat.
Sekere internasionale konvensies is egter sedertdien gewysig en moet nou ook deur Namibië bekragtig word en hiervoor het Namoloh die NV se ondersteuning gevra.
Die Namibiese wet op die ­bekamping van terrorisme en die bevorderingsaktiwiteite daarvan, voldoen nie volkome aan die onder­skeie ­gewysigde internasionale konvensies nie.

Uitlewering
Namoloh sê die Namibiese wet op uitlewering is beperk tot die lande met wie Namibië uitleweringsooreenkomste het.
Die wet maak voorsiening dat ’n persoon net uitgeruil kan word indien die vermeende misdaad wat ’n persoon begaan het, ook ’n misdaad in Namibië is.
Aangesien al die oortredings waarna in die konvensies verwys word ook strafbare oortredings in Namibië is, is dit gevolglik uitlewerbare oor­tredings.
Die konvensies wat die NV moet bekragtig, is die internasionale konvensie op die onderdrukking van dade van kern-terrorisme van 2005; die internasionale konvensie op die onderdrukking van bombardering deur terroriste (1983), die internasionale konvensie teen die neem van gyselaars (1983) en die konvensie op die voorkoming en straf van misdade teen internasionaal beskermde persone insluitende diplomatieke agente (1973).
Namoloh sê enkele wysigings aan bestaande wetgewing is nodig of enkele nuwe wette sal geskryf moet word, om te verseker dat Namibië ten volle voldoen aan internasionale verpligtinge om terroriste-aktiwiteite en die finansiering daarvan te bekamp.
Me. Elma Dienda van die DTA wou die debat oor die verdrae uitstel tot September sodat daar voldoende tyd is om dit te bestudeer. Namoloh het egter daarop gewys dat Namibië aan internasionale spertye moes voldoen. Dienda het hierop dit op rekord geplaas dat die DTA nie aan die debat sou deelneem nie en nie deel van die bekragting sou wees nie.
Mnr. Ignatius Shixwameni van die All People’s Party het die debat tot Dinsdag uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.95 | EUR to NAD 20.51 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.29/OZ UP +0.76% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0042 | Zinc US$ 2 447.40/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 86.98/BBP UP +0.68% | Platinum US$ 905.24/OZ UP +1.16%