Namibiu00eb se hart seer oor Alita
Namibiu00eb se hart seer oor Alita

Namibië se hart seer oor Alita

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Sy was nie net Namibië se hartpasiënt nie, maar vir vele ’n inspirasie en voorbeeld met haar immer positiewe gesindheid, veggees en ’n glimlag waarsonder sy nie sómmer was nie.
Die “nooi van Usakos met die wil van ’n Namibiër en die hart van ’n Nataller”, Alita Louwrens, het gisteroggend in die Mediclinic private hospitaal se intensiewesorgeenheid in Windhoek gesterf. Alita, Namibia Media Hold­ings (NMH) se verkoopsbestuurder, het op 23 Augustus haar tweede “mondigwording” gevier, 21 jaar nadat sy in 1995 ’n nuwe hart onder aanvoering van die befaamde hartchirurg, dr. Susan Vosloo, ontvang het.
Die huldeblyke wat ná die tyding van haar dood instroom, spreek van die diep spore wat sy in ánder se harte gelaat het.
“Nooit het ek jou sonder ’n glimlag op jou gesig gesien nie”, skryf een, terwyl ander haar uitsonder vir die inspirasie wat sy met haar veggees, lus vir die lewe en positiewe gesind­heid was.
“Jy was nie net Namibië se hart­pasiënt nie, jy was ook in die harte van so baie van ons. Wees positief soos Alita, nooit sou jy haar hoor kla nie” eggo ook in bydraes van kollegas en vriendinne wat dit beaam.
“Sy het altyd geglimlag en vrolik gebly ten spyte van die pyn waarin sy baie dae verkeer het” en “sy het nooit oor enigiets gekla nie, sy het my geleer om meer positief na dinge te kyk”.
Dani Booysen, Republikein se redakteur, sê die koerant het in Alita oor ’n sprankelende staatmaker besit wat baie hard gewerk het om Republikein te bevorder en te ontwikkel.
“Sy was ’n ware ambassadeur vir Republikein. By die koerant gaan ons harte uit na elke familielid en vriend.”
Des Erasmus het in die laat negentigs ’n onderhoud met Alita op Swakopmund gevoer oor die merkwaardige prestasies met die ruilhart wat ’n tweede kans op die lewe aan haar geskenk het.
“As die flou spoor van my geheue reg lei, meen ek sy het in Swakopmund in ’n apteek gewerk. In daardie jare was dit nog groot nuus. Die operasie is gedoen en die Meester het aan Alita nog 21 jaar van die lewe gegun.”
In die onderhoud het die fokus geval op Alita wat haar geboorteland se naam hoog gehou het met haar swemprestasies op internasionale vlak vir mense met ruilorgane. Sy het toe reeds aan die Wêreldspele in Australië deelgeneem, met die 200 m en 400 m waarin sy uitgeblink het.
In die lewe was daar ’n vae band wat hom en Alita gebind het, vertel Des.
Sy was die dogter van Niek van Niekerk, ’n destydse joernalis cum bemarker by die vergange Die Suidwes-Afrikaner. Onder medejoernaliste was hy op die bynaam Afrika bekend en gewild. Dit was voordat hy die sakewêreld betree het en in later jare ’n bekende sakeman van Usakos was.
Hy en sy vrou en medejoernalis Anneli “staan saam in die kringetjie wat vandag met hulde in die doodsakker staan”.
“Op ’n winterige somers-oggend lig ons die hoed vir die vrou wat daarlangs gaan.”
Alita het in die laat negentigs haar loopbaan by Republikein as bemarker begin en was ten tyde van haar dood verkoopsbestuurder van die NMH-groep
Vanjaar was vir Alita die viering van verskeie mylpale waaronder haar 40ste verjaarsdag, 15de huweliksherdenking en haar nuwe hart se mondigwording. ’n Onderhoud met Alita en dr. Susan Vosloo is op 23 Augustus tydens die program Ure op die DStv-kanaal VIA uitgesaai.
Alita word buiten haar man Jaco en twee kinders Herco (8) en Cari (2) deur haar ma Rina en broer Dirk oorleef.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!