Namibië haal nie mikpunte in vigsstryd
Jessica Botes
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het vanjaar versuim om sy mikpunte in die stryd teen MIV/vigs te haal.
Volgens die minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, het net 17 707 mans gedurende die afgelope jaar gebruik gemaak van die vrywillige mediese besnydenisdienste (VMMC), terwyl die doelwit was om 300 000 mans te besny.
Haufiku was aan die woord by die amptelike uitbreiding van die VMMC Vrydag by die staatshospitaal op Swakopmund.
Volgens hom word beoog om in 2016 en 2017 altesaam 27 279 mans te besny, wat ’n skrale 8% van die nasionale mikpunt is.
“Ons het versuim om ons doelwitte te bereik, dus is dit noodsaaklik om die VMMC-program uit te brei. Die doel is om teen 2030 ’n MIV/vigs-vrye geslag te hê. Ek glo nie ons kan in een veldtog sukses behaal as ons in ’n ander veldtog misluk nie,” het Haufiku gesê.
Volgens hom moet Namibië sy benadering tot die bekamping van MIV/vigs verander.
“Ons moet aan buitengewone maniere begin dink om mense by die veldtog te betrek. Ons moet aan beter maniere dink om ’n groter aantal mense te bereik. Ons is besig om te verloor, omdat ons mense nie op die regte manier benader nie,” het Haufiku gesê.
Hy het beklemtoon dit is moontlik om die sukses in voorkoming te behaal deur middel van bykomende hulpbronne en met die ondersteuning van opgeleide gesondheidswerkers.
Haufiku het voorts gesê die voorkoming van moeder-na-kind-oordrag het in sommige streke met 0,5% gestyg. Volgens hom is dit ook nood-saaklik om jong seuns te besny voordat hulle seksueel aktief word.
Amerika se ambassadeur in Namibië, mnr. Thomas Daughton, het tydens die opening gesê N$100 miljoen is in Namibië bestee om sy doelwit te bereik. Volgens hom is VMMC een van die mees ekonomiese en doeltreffende metodes om die oordrag van MIV te verminder.
“Die oordrag van MIV/vigs word met 60% verminder indien ’n man besny is. Nietemin is net 25,5% van die land se manlike bevolking besny,” het hy gesê.
Mediese besnydenis verminder ook die oordrag van ander seksueel oordraagbare siektes, dit verbeter higiëne en verminder die risiko van die ontwikkeling van sekere soorte kanker.
Volgens Daughton moet 75 mans elke dag besny word om te verseker dat altesaam 34 000 mans teen Oktober 2017 besny is.
Haufiku het gesê die bewyse dat besnydenis tot die bekamping van die oordrag van MIV/vigs bydra is duidelik in streke waar ’n hoë persentasie mans besny is, omdat hierdie streke die laagste infekteringsyfer het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie