Namibiu00eb, Botswana vergader oor water
Namibiu00eb, Botswana vergader oor water

Namibië, Botswana vergader oor water

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Namibië en Botswana sal voor die einde van die maand of vroeg in Augustus in Namibië vergader oor die moontlikheid om seewater gesamentlik te ontsout en as waterbron te gebruik.
Dit volg nadat president Hage Geingob tydens ’n staatsbesoek aan die buurland op 11 en 12 Julie ’n amptelike gesprek met die president van Botswana, luitenant-generaal Seretse Khama Ian Khama, gehad het. Die twee lande se waterkwessie was glo ’n prominente deel van die staatshoofde se besprekings.
Die minister van water, landbou en bosbou, mnr. John Mutorwa, het die inligting op ’n mediakonferensie bekend gemaak. Geingob het tydens sy toespraak voor Botswana se parlement gesê samewerking tussen die twee lande ten opsigte van oorgrensprojekte moet versnel word.
“Een inisiatief wat ons moet ondersoek en wat dringend tot resultate moet lei, is die gebruik van seewater as waterbron vir beide lande se voordeel. Ons twee lande is die meeste geneig tot droogte in Afrika suid van die Sahara en dit is ’n realiteit dat toestande weens klimaatverandering net gaan versleg.
“Deur van ons eie hulpbronne asook van finansiële institute vir ontwikkeling in ons streek en ander globale inisiatiewe soos die Groenklimaatfonds, gebruik te maak, kan ons oplossings vir gedeelde uitdagings vind,” het Geingob gesê.
Mutorwa het gesê die ministers verantwoordelik vir water in die twee onderskeie lande asook van hul amptenare het direk daarna op 11 Julie vergader, nadat die twee lande se presidente beleidsvoorskrifte aan hulle oorhandig het.
“Tydens dié vergadering is besluit om ’n gesamentlike tegniese span vir die twee lande saam te stel, wat uit senior amptenare asook verteenwoordigers uit tersaaklike bedrywe bestaan, om te bepaal hoe die samewerking moet verloop.”
Mutorwa het gesê Namibiërs wat by die gesamentlike tegniese span sal aansluit, is mnr. Abraham Nehemia, adjunk permanente sekretaris van water, landbou en bosbou; dr. John Steytler; presidensiële raadgewer verantwoordelik vir die monitering van beleid en beleidstoepassing; dr. Vaino Shivute, uitvoerende hoof van NamWater; mnr. Eino Kaitungwa van die ministerie van myne en energie asook ’n verteenwoordiger van die kantoor van die aanklaer-generaal.
“Ons het ooreengekom dat die tegniese span reeds sy eerste vergadering in Namibië teen die einde van Julie of begin van Augustus moet hou,” het Mutorwa gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!