Nam-bokser in wedloop teen tyd
Nam-bokser in wedloop teen tyd

Nam-bokser in wedloop teen tyd

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Die nuwe regspan van die bokser Jonas Junias Jonas is in ’n wedloop teen tyd gewikkel in hul stryd om in Brasilië borgtog te beding sodat hy vandag vir sy openingsgeveg by die Olimpiese Spele kan inweeg.
Die 22-jarige Namibiër is bestem om môreaand in die ligweltergewigklas teen ’n Fransman, Hassan Amzile, te staan te kom.
Teen druktyd gisteraand was hy steeds in aanhouding op die klag van poging tot verkragting waarop hy Sondag in hegtenis geneem is.
Jonas, Namibië se vlagdraer by die openingseremonie, sal by vandag se inweegsessie moet aanmeld om te verhinder dat hy gediskwalifiseer word.
Die Namibiese ambassade in die hoofstad, Brasilia, het volgens ’n verklaring van mnr. Abner Xoagub, president van die ­Namibiese Nasionale ­Olimpiese Komitee (NNOK), reeds Maandag die dienste van ’n ­plaaslike regspan bekom om met die regsproses te help en die presiese aard van die klag teen Jonas vas te stel.
“Op daardie tydstip het ons besef dat die Brasiliaanse ­regstelsel se definisie van ‘poging tot ­verkragting of verkragting’ sedert 1992 dieselfde as dié van seksuele teistering is. Dit bring mee dat die klag van ’n ernstige aard is,” sê Xoagub.
Intussen is ook tot die ­gevolgtrekking gekom dat die dienste benodig word van ’n senior kriminele ­regsgeleerde wat beide ­Portugees en Engels magtig is. Dit sou volgens Xoagub die probleme ­­met ­vertalings en vertolkings ­uitskakel. Die dienste van ’n geswore vertaler is ook benodig.
“Die taalprobleme het ’n ­ernstige invloed op ons eerste aansoek om borgtog gehad en ons tweede aansoek sal binne 12 ure met die hulp van die ­Namibiese ­ambassade, die regspan van die Internasionale Olimpiese Komitee en die kantoor van die Spele se plaaslike reëlingskomitee geskied.
“Ons doen alles in ons vermoë om ons spanlid binne die volgende 12 ure uit te kry vir die inweeg binne die volgende 24 uur,” sê Xoagub. “Ons hou almal hande vas en bid.”
“Die Namibiese span is positief en ons glo in ons bokser en vlagdraer se onskuld,” het hy bygevoeg.
Die jong Swakopmunder is Sondag in die ­Olimpiese ­atletedorpie in hegtenis geneem, nadat hy glo ’n ­vroulike ­skoonmaker “seksueel ­aangerand” het.


Sy arrestasie kom twee dae nadat die polisie ’n Marokkaanse bokser, Hassan Saada (22) ook vir vermeende seksuele aanranding van twee vroulike skoonmakers in hegtenis geneem het. Saada, wat in aanhouding bly, het outomaties sy geveg in die kwalifiserende rondte van die ligswaargewigklas verloor.
Die nuusagentskap AFP haal die Brasiliaanse netwerk G1 aan wat aanvoer dat Jonas die Brasiliaanse skoonmaker “betas en gesoen” het terwyl sy die kamer skoongemaak het en dat sy afrigter staan en toekyk het.
“Sy was besig om ’n ander kamer skoon te maak. Hy het haar van agter gegryp en in die nek gesoen,” het ’n polisiewoordvoerder, Carolina Salomaom glo aan G1 gesê.
Hierna het Jonas glo “seksueel suggestiewe bewegings gemaak en die vrou geld aangebied. Dit dui op ’n gebrek aan respek vir Brasiliaanse vroue,” het sy bygevoeg.
Die bokser se afrigter sal nie aangekla word nie “maar hy moes hom ten minste tereggewys het,” het sy gesê.
Die amateurboksafrigter, Jacob (Mistake) Gariseb, het gister per Whatsapp die beskuldiging ontken.
“Skoonmaaktyd was die hele boksspan in die kamer. Ons het nie gesien wat hulle beweer nie. Jonas was nie eens nie naby enige persoon nie. Hy het op die ‘bean bag’ gelê en (op sy selfoon) speletjies gespeel tot hulle uit die kamers is. Hulle was dan nie eens by my nie. Waar kry hulle die inligting?”
Xoagub sê in sy verklaring geen verdere besonderhede kan oor die saak en Namibië se regsbenadering verskaf word nie, omdat die ondersoek voortduur.
Hy het die IOK en die ambassade in Brasilië vir hul bystand bedank.
Namibiese atlete het nie gister aan die Olimpiese Spele deelgeneem nie. Ses atlete te wete vier marathon-atlete, ’n bergfietsryer en ’n bokser (Jonas) moet nog deelneem.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!