N$100 bloot u2019n u2018administrasietariefu2019
N$100 bloot u2019n u2018administrasietariefu2019

N$100 bloot ’n ‘administrasietarief’

Tanja Bause
Tanja Bause - “Dit is die eerste keer dat ek moet betaal voordat ek ’n dokument moet invul om in aanmerking vir die koop van ’n erf te kan kom. Dit verseker nie eens dat ek ’n erf gaan kry nie en dit is ook nie terugbetaalbaar nie.”
Dié vrou, wat verkies het om anoniem te bly, was Dinsdag een van verskeie mense wat by die munisipaliteit in Windhoek tou gestaan het vir aansoekvorms om een van 96 woonerwe in Otjomuise Uitbreiding 5 te koop. Volgens haar weerhou sy haar naam, omdat sy bang is dat sal haar aansoek in die wiele ry. Dit is die tweede keer dat sy om die koop van ’n erf aansoek doen en die eerste keer dat sy vir ’n vorm eers N$100 moes betaal.
“Dit is ’n maklike manier vir die munisipaliteit om geld te maak. Hulle is reeds in finansiële moeilikheid en nou vat hulle geld van mense wat reeds arm is. Daar is niks wat ons kan doen nie, want ons soek erwe en moet nou maar betaal,” het nog ’n man gesê.
’n Bejaarde vrou wou weet waarom mense wat reeds verskeie kere aansoeke ingedien het, nie eerste in ag geneem word nie.
Volgens haar het sy reeds drie keer om ’n erf aansoek gedoen, maar het nooit enige terugvoering van die munisipaliteit­ ontvang nie. Sy moes ook nooit voorheen vir die dokumente betaal het nie.
“So word die oues en armes net nog meer beroof,” was haar kommentaar.
Die aansoeke vir die 96 erwe sluit op 22 Augustus.
Intussen het die munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, die verpligte N$100 as ’n “normale administrasietarief” beskryf.
“Soos in die geval met alle registrasie­tariewe wanneer mense tender­dokumente koop, is die geld nie terug­betaalbaar nie,” het Amutenya gesê.
Sy het beweringe ontken dat dit slegs ’n vinnige geldmaakfoefie van die munisipaliteit is en het beklemtoon dit is “bloot ’n normale hanteringsbedrag”. Volgens Amutenya is daar nog altyd ’n bedrag vir die verkoop van tender­dokumente vereis en is dit nie ’n “nuwe ding” nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!