Mutorwa maak stem dik oor voerkraalsage
Mutorwa maak stem dik oor voerkraalsage

Mutorwa maak stem dik oor voerkraalsage

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Meatco en die direktoraat veeartsenydienste (DVS) moet “kalm en koelkop” sáám ’n oplossing vind vir die krisis wat weens die sluiting van die Okapuka-voerkraal ontstaan het.

Dit moet gedoen word deur na “getoetste wetenskaplike feite en objektiewe empiriese waarhede” te kyk.

Só het die minister van landbou, water en bosbou, mnr. John Mutorwa, gister in ’n sterk bewoorde verklaring sy voet oor dié kwessie neergesit.

Die krisis het ontstaan toe DVS op 2 September die voerkraal met nagenoeg 8 000 beeste daarin, gesluit het toe laboratoriumuitslae getoon het zeronol was in twee urienmonsters aanwesig.

Beide Meatco en die direktoraat veeartsenydienste het verlede week tydens twee afsonderlike mediakonferensies hul kant van die saak gestel. Ofskoon die minister daarvoor waardering het, voel hy dit is nie genoeg nie.

Volgens hom het hy hulle reeds vóór dit opdrag gegee om te vergader en die probleem “rasioneel en onemosioneel” te bespreek.

“Die probleem kan nie en sal nie deur mediakonferensies en -verklarings alleen opgelos word nie. Dit het nou tyd geword om dringend saam oplossings te vind,” sê Mutorwa in sy verklaring.

Vir hom is dit belangrik dat die twee partye op “feitelike inligting en die waarheid” sal steun, aangesien “emosionele uitbarstings” nie tot aanvaarbare oplossings sal lei nie.

Hy meen voorts hulle moet die hulp inroep van ’n “onafhanklike, onpartydige en gerekende wetenskaplike of wetenskaplikes”, wat deur beide Meatco en DVS aanvaar word.

Mutorwa het gister opnuut benadruk dat die belange van die Namibiese vleisbedryf, binnelands sowel as internasionaal, die twee partye se enigste oogmerk moet wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!