Morsjorse se krane toe
Morsjorse se krane toe

Morsjorse se krane toe

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die Windhoekse munisipaliteit het verlede week met ‘n veldtog begin waarin huishoudings wat meer as 40 000 liter water per maand gebruik, se water summier afgesny word.
Die doel is om weekliks sowat 200 huishoudings te teiken wat ‘n uitermate hoë waterverbruik het.
Die munisipaliteit het nie bekend gemaak hoeveel huishoudings se water reeds afgesny is nie, maar gesê ná die afsluiting word slegs ‘n dun straaltjie water na die huise deurgelaat.
“Die eienaars van die eiendomme ontvang ‘n kennisgewing van die munisipaliteit, waarna hulle by die munisipale afdeling vir skuldbestuur moet aanmeld en onder meer die toepaslike straftarief moet betaal om weer aangesluit te word,” het mnr. Dieter Tolke van die munisipaliteit se afdeling vir waterbestuur gesê.
Die munisipaliteit sê die hoofredes vir hoë waterverbruik onder huishoudings is óf ‘n onbeheerde lekkasie óf die feit dat verbruikers nie bedag is op die waterkrisis wat heers nie.
Op die vraag of sekere ambassades in Windhoek ook op dié lys van groot waterverbruikers verskyn, het die munisipaliteit gesê kliënte se rekeningbesonderhede is vertroulik, maar dat sondaar-ambassades dienooreenkomstig hanteer word.
Terselfdertyd is die munisipaliteit se afslagprogram vir groot waterlekkasies tydens die waterkrisis gestaak. Hiervolgens kon waterverbruikers wat ‘n groot waterlekkasie gehad en dit herstel het, die verskil terugeis tussen hul gewone tarief en die tarief wat vir hoër waterverbruikers geld.
“Ons het dit gestaak, want ons verwag dat waterverbruikers hul waterverbruik moet monitor deur daagliks of weekliks hul watermeterlesings te neem. Dus behoort geen onontdekte waterlekkasies oor ‘n lang tydperk voor te kom nie en behoort geen eise te ontstaan nie.”

‘n Ondersteuningsfunksie
Volgens die munisipaliteit is die veldtog gebaseer op hoofstuk twee van sy regulasies vir watertoevoer.
“Dit is ingestel om die onbehoorlike gebruik van water te voorkom. Die veldtog is ‘n ondersteuningsfunksie van die munisipaliteit waarmee ons verbruikers help wat nie besef dat hul waterverbruik buitensporig hoog is nie,” het Tolke gesê.
“Dit hou verskeie voordele in, wat insluit dat rekeningbesonderhede bygehou word, foutiewe rekeninge aangepas word en help dat water meer verantwoordelik gebruik word.
“Dit sal deurlopend tydens die waterkrisis toegepas word sodat ons seker kan maak water word sonder onderbrekings asook regverdig na almal versprei,” het hy gesê.
Op die vraag oor hoe suksesvol die veldtog tot dusver was, het mnr. Pierre van Rensburg, die munisipaliteit se strategiese uitvoerende hoof van infrastruktuur, water en tegniese dienste, gesê die proses het nog net begin, maar mag dalk beter beheer oor waterverbruik tot gevolg hê en help dat die teiken van ’n besparing van 40% bereik kan word.
Tolke het bygevoeg dat die veldtog kan help om te voorkom dat die munisipaliteit strenger maatreëls vir waterbesparing moet toepas.
Die munisipaliteit het ook gesê indien huishoudings ‘n waterlekkasie gehad het en weet dit gaan veroorsaak dat hulle meer as 40 000 liter water vir die maand gaan gebruik, hulle vooraf vir mnr. Liwile Lilungwe by die munisipaliteit per brief of e-pos daarvan in kennis moet stel.
“Laat weet hom hoe lank die lekkasie geduur het en op watter datums dit voorgekom het, sodat ons nie dié kliënte se water onnodig sal afsny nie,” het Tolke gesê.

Strafheffing geld
Intussen het die munisipaliteit tydens die stadsraadsvergadering op 30 Junie bekend gemaak dat huishoudings wat meer as 40 000 liter per maand gebruik, vanaf 1 Julie ‘n strafheffing van N$112,50 per kubieke meter sal betaal.
Boonop is die tarief vir basiese waterdienste toe met 10% verhoog, terwyl ‘n heffing van 15% op waterverbruik geplaas is.
Republikein het vroeër berig dat die munisipaliteit sowat 3 800 wooneenhede geïdentifiseer het wat meer as 40 000 liter water per maand gebruik.
Volgens ‘n verslag wat in Mei deur Simonis Storm Securities (SSS) uitgereik is, gaan meer as die helfte van al die water wat in Windhoek benut word (54,1%), aan huishoudings. Die gemiddelde persoon in ‘n huis gebruik daagliks ook 176,3 liter water, in plaas van die munisipaliteit se aanbevole 90 liter.
Volgens statistieke wat deur die munisipaliteit bygehou word, gebruik die gemiddelde Windhoekse huishouding met vier mense 21 150 liter water per maand, terwyl huishoudings met ses mense tot 31 730 liter gebruik.
Sou die munisipale kwota van 90 liter per persoon per dag toegepas word, moet ‘n huishouding van vier mense ’n maksimum 11 160 liter per maand gebruik, terwyl ‘n huishouding van ses mense skaars 16 740 liter per maand moet gebruik. ‘n Huishouding met 12 mense moet slegs 33 480 liter per maand gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%